Klik op Fotogallery om terug te gaan!
Ons het verlede naweek besluit om uiteindelik 'n bietjie braaf te wees en ons naweektassie te pak. Ons het 'n retoerbuskaartjie na Taipei City gekoop en net na werk op die bus geklim. Tot dusver was ons nog heel skrikkerig om ons voete uit Dungshr te sit. Maar die stres by die werk het net te veel geword en ons het besluit dat 'n naweek weg van die skool sou ons goed doen.
Wel, dit was 'n heerlike ondervinding. Ons het in 'n hotel gebly en met taxis rondgery om alles te sien. Ongelukkig is daar net te veel om in een naweek te sien. Ons base het vir ons 'n Lonely Planet boek oor Taiwan gekoop en ons het maar twee van die "sightseeing" plekke gekies om te besoek.
Ons eerste stop was die Chang Kai Chek Memorial Hall. Wat 'n asemrowende ondervinding! Ek moet bysê dat ons nie veel verwag het nie. Die Taiwan wat ons tot dus ver beleef het is alles behalwe asemrowend, behalwe as jy nou die konsep heel letterlik opneem in terme van die reuke wat ons in ons dorpie somtyds moet verdra! Die Chang Kai Chek Memorial Hall is 'n enorme monument wat tipies Chinees is. Dis 'n groot plein met die mooiste tuine en dan die geboue. Hier is 'n paar fotos. Hierdie eerste foto is geneem toe ons opgegaan het in die hoogste gebou in Taiwan. Van bo af kan mens die hele kompleks sien, alhoewel, dit was 'n tipiese Taipei dag, lugbesoedeling en nogmaals lugbesoedeling.
Click hier om te kyk na ons besoek aan Chang Kai Check Monument.
Ons besoek aan die Palace Museum was net so asemrowend. Ons het 'n taxi in die middestad gehaal. Die rit was omtrent 20 minute. Die Palace Museum bevat duisende kunswerke van die Chinese wat strek van 10 duisend jaar voor Christus tot die Ming Dynastie in die 17 honderds. Ja, ons het sowaar regte, egte Ming Vase gesien. Hier is 'n foto van die museum.
Click hier om te kyk na ons besoek aan die Palace Museum.
Click hier om terug te gaan na ons Hoofbladsy.