Kain Se Vrou |
|
(LW: alle aanhalings uit die Bybel is uit die Ou Vertaling - Die Nuwe Vertaling is nie op my rekenaar gelaai nie) In Genesis 4:17 sê die Bybel vir ons dat Kain sy vrou beken
het ("gemeenskap gehad" - Nuwe Vertaling). Vinnige antwoord:Gaan lees 'n bietjie Genesis 5 vers 4. Daar, in die geslagsregister van Adam, sê dit dat Adam nog seuns en dogters gehad het. Dus moes Kain met een van sy susters of met 'n niggie getrou het. Maar was dit nie bloedskande nie? Was dit nie verkeerd nie? Onthou dat die wet wat ons verbied om met 'n broer of suster te trou eers aan Moses (Levitikus) gegee is - lank nadat Kain geleef het. Dus het Kain nie sonde gepleeg hiermee nie. Hoekom het God eers teen Moses se tyd hierdie wet ingebring? Onthou dat Adam en Eva perfek geskep is, en dat hulle kinders geneties amper perfek was. Die sondeval het teen dié vroeë tyd nie 'n groot effek gehad op die genetieka van die mens nie. Maar, teen Moses se tyd, was die effek van verval op die mens se liggaam te groot, sodat dit nie goed so wees om te trou met iemand soos 'n broer of suster nie. Ander Vrae :Het God nie 'n ander groep mense gemaak nie? Kon Kain dus nie met een van hierdie mense getrou het nie?Gen 2:20 So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie. Hierdie teks vertel vir ons dat daar GEEN ander vroue was nie. Soos ons weet (Gen 2:21,22) moes God 'n vrou MAAK vir Adam. Eva het dus die moeder geword van alles wat lewe (Gen 3:20). Onthou ook: Volgens Die Skrif: Rom 5:12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het 1Kor 15:45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. Ons sien dat Adam dus die eerst mens was - almal kom van Adam af, nie ander groepe nie. Volgens die Skrif, kan net die afstammelinge van Adam gered word. (Eva was ook 'n "afstammeling" van Adam omdat sy van hom gemaak is!) Ander bewyse en kwessies:Evangelie: Hand 17:26(a) En Hy het uit een bloed ("uit een mens" - NVert.) al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, Rom 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, 1Kor 15:21 Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens. 22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; DUS: ALMAL kom van Adam af. ALMAL op aarde het gesondig. Die Evangelie make dus geen sin, tensy ALMAL van dieselfde mens (Adam) af kom nie. Om klaar te maak: Adam + Eva >>> Kain, Set, hulle ander broers en susters >>> ONS!
|