Hallo
wereld!
)
My naam
is Mischcania, Solange, Alexandria, Anastasia, Holmacres, Amelia Dekker. My
paspoort dui aan dat ek ‘n kat is maar ek betwyfel dit ten sterkste. Ek ag
myself meer in die lyn van n godin, Homo Sapiens natuurlik. Ek verwag om as
sodanig behandel te word en my ma en pa doen hulle bes om my lewe so gerieflik
as moontlik te maak.
Ek sit
tans op my ma se skoot voor die rekenaar en tik nou hierdie stukkie oor myself.
Ma kla net dat ek haar krap, maar sy verbeel haar maar soms sulke dinge. Ek gaan
vir julle die storie vertel van my interressante lewe, veral oor hoe ek
uiteindelik hier in die ooste aangekom het.
Lewe
in Suid Afrika
Ons het
almal in n lekker huisie gewoon in Pietermaritzburg. Ek is so 6 jaar gelede
gebore in n kattery in Richmond. (Dis waar ek die twee lelike name laaste aan
die lys vandaan gekry het) Maar ma het darem kommen sense gehad en vir my 4
ander mooier name gegee om die twee te verdoesel.) In ons gesin was daar baie
ander katte gewees. Hulle was:
Wolfgang:
Ma se verpiepte seuntjie wat aan agtervolgingswaan ly. Hy skrik elke dag vir sy
eie stert en dink die FBI of CIA of die TV-lisensie-inspekteur is agter hom aan.
Kiri:
Pa se meisiekind. Sy was ‘n gemene karakter wat nie nonsens gevat het van
enige iemand nie. Klap die honde sommer dat die slym so spat. Regte straatkat…sis!
Igor:
‘As dumb as you get’- gemmerkat. Spekvet, maar met n klein hartjie. Hy het
altyd my kleintjies opgepas as ek by ma wou le.
Cezanne:
‘n Swart weergawe van James Dean. Het hom min gesteur aan enige iets of iemand.
Hy het soms vir my reptiele in die huis ingebring om mee te speel want ek gaan
nie uit nie.
Jacek:’n
Seksie mannetjieskat vat een te veel kap van Wolf en Kiri (sy ma) weg het.
Die twee
honde was Sadat en Katja. Sadat was n opgeleide German shephard wat alles gedoen
het wat ma vir hom gese het om te doen. (ook maar simpel!) Katja was net plein n
SPCA-special wat laaste in lyn was toe hulle breins uitgedeel het. Sy’t gedink
sy’s Winni Mandela want sy’t die heeltyd getoi-toi as sy opgewonde was. (en
sy was altyd opgewonde)
Daar was
ook vele ander gediertes wat ma en pa soms versorg het. Soos Tristan en Isolde
wat vir n jaar by ons gebly het, Uileman en Mandy, en klein katjies wat met n
bottel gevoer moes word. (Ek was natuurlik glad nie genoe met die idee nie want
dan kon ma minder tyd aan my spandeer)