|
Haar CD, Réana, wat in Augustus
2001 vrygestel is, is ’n belewenis! So ’n mengsel van Alanis Morisette en Cheryl Crow, maar daai stem! Sy het die nommers op die CD self getoonset en die lirieke is alles haar eie. Dis kwaliteit … en dit práát met jou!
Snitte:
Oopmond
Arrogant
Ryg My Lippe Toe
Stukkies
No Peas
Kruis
Massa Mensa
Glasruit
Skerp Tong
Jesus Be My Centre
bonus snit: I'll Be Fine |
Musikante
Réana: vokale
Mauritz Lotz: kitare, bas, klawers, programmering
Louis Langeman: programmering
Bruce Wallace: tromme
David Klaasen: tromme
Denny Lalouette: bas
Miroslav Chakaryan, Susan Mouton, Marjan Vonk & Kevark Mikaelyan:
stryk kwartet
|
Die CD verwoord verskillende emosionele belewenisse gedurende haar eerste ses maande in Pretoria, met die antwoorde wat die Here haar gegee het. Sy sê self haar CD is intiem-persoonlik, maar sy gee graag van haarself met ’n doel. Vir haar is die tyd wat sy alleen met haar kitaar of klavier werk, soos ’n brief aan God.
|
|