THE SCHOOL OF TRUTH
LECTURE

Die Geheime Skuilplek

©  Die Skool van die Waarheid
Bron - Die Pad van Waarheid 338, Desember 2007 / Januarie 2008
(Translated from English by André Walters)

Ek dink die meeste van ons het 'n gunsteling Psalm, een wat spesiaal iets vir ons sê, en myne is Psalm 91, wat begin met die woorde: "Hy wat woon in die skuilplek van die Allerhoogste sal vernag in die skaduwee van die Almagtige."

Kom ons kyk bietjie na die betekenis van hierdie "geheime skuilplek". Dit is 'n plek wat nie ooglopend is nie. Dit is so verskuil dat dit nie deur almal gesien of verstaan kan word nie. Dit is nie 'n materiële plek nie. Daarom moet dit 'n geestelike plek wees, maar dit is ook een waarin ons kan woon. In daardie geval, is dit sekerlik 'n plek wat in die Godsbewussyn bestaan. In God, wat alomteenwoordig is, kan ons almal woon. Dit is ook ‘n plek wat binne-in ons is.

'n Ander aanhaling uit die Bybel vertel ons "gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is".

Ons moet dus alle gedagtes oor dinge buite ons, of wat tydgebonde is, uitsluit en in die plek daarvan aan God in sy Volmaaktheid dink, sodat ons die stilte kan binne gaan om met die Godsbewussyn in aanraking te kom. En in die Alomteenwoordigheid kan ons in aanraking kom met diegene wat ook ontvanklik is vir die Godsbewussyn.

Dan, wanneer mens hierdie insig in die betekenis van die 'geheime skuilplek' gevind het, word dit duidelik dat dit ook vir die hele Psalm geld en dat dit 'n belofte van leiding en beskerming in alle omstandighede is. Maar dit help niks om dit net te lees, of selfs te memoriseer nie.

Dit moet diep besef en uitgeleef word. Ons maak dit ons woning.

'n Godsbewussyn is 'n toevlugsoord, waar mens van verkeerde denke kan wegkom.

Dit sal ons verlos van valse oortuigings en ons na die Waarheid toe lei. As die omstandighede waarin ons leef of werk onbevredigend is, sal Hy julle sekerlik uitred wanneer julle die almagtigheid besef, die oneindige krag van die Godsbewussyn.

Daar sal geen vrees of angs, óf vir onsself of vir ander meer wees nie. Dit sal nie nodig wees om brue oor te steek voordat ons by hulle kom nie, maar ons sal die gawe van Vertroue ontvang. Ons sal in staat wees om die lewe met daadkrag te hanteer, met vertroue in ons Alwetende Vader.

Insig sal ons blinde tastings langs die paaie en sypaaidjies van die lewe vervang. Net met ons fisiese oë sal ons die dood en verwoesting aanskou, wetende dat die lewe inderwaarheid ewig is, en hierdie wete sal ons krag gee en ons beskerm.

Kom ons gaan weer terug na die eerste vers: Wat is hierdie "skaduwee" van die Almagtige? Dit is die skaduwee, die beskerming van 'n magtige verstand, 'n suiwer, alwetende, Intelligensie wat altyd met ons is. Deur hierdie Intelligensie sien ons daar is 'n Geestelike Teenwoordigheid, 'n Eindelose Intellek, in die Heelal. Hoe dit deur ons vloei, hang af van hoe onvtanklik ons daarvoor is.

Hierdie belofte is nie vir diegene wat God verwaarloos as dinge reg met hulle gaan nie, en wanneer hulle net na Hom soek wanneer hulle in die moelikheid is nie. Ons moet ons skuilplek in Sy Woord vind en daarheen ons toevlug neem. Ons moet kalm en rustig bly en Een word met dieselfde Waarheid wat die Psalm-skrywer besit het en wat hom geinspireer het. So gaan ons die Geheime Plek binne en daar vind ons die vrede.

'n Student.

* * * * *

Lecture Index
Return

The School of Truth
Return

Site Meter