Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!

BaieSukkel

Gunsteling skakels

Angelfire - Easiest Free Home Pages
Bioritmes
Parafun Paragliding
Weervoorspelling
Wind


5 September 2000


Welkom aan my besoeker ! Jy moet tog jou naam by my gasteboek inskryf.
Baie dankie aan almal wat ek deur die jare deur fietsry leer ken het. My nuwe belangstelling wat al my vrye tyd en geld in beslag neem , is vlerksweef(paragliding). Ek het nou my basiese lisensie wat my magtig om op my eie te begin vlieg. Ek het alreeds 90 vlugte agter die rug. Meeste daarvan is nou wel net opstyg en land (soos bekend in die bedryf : 'foofieslide') maar vlugte nogtans. In hierdie sport waardeer jy elke vlug. Dis nie soos fietsry waar jy opklim en ry nie. Die WIND moet reg wees. Alles hang af van die WIND. Ek en my maters vlieg maar hier by Laudium meeste van die tyd. Die wind moet noord waai dan vlieg jy lekker.Laudium is reg bokant n ashoop , dus moet jy jou land ken. Suiderberg werk net as die wind suid waai, daar is geen ordentlike 'runway' nie en dis nog laag ook. Al die opdraendes verseker egter elke vlug is uniek, maak nie saak hoe kort nie.Baie dankie aan Ronnie van Parafun vir sy opleiding , ek kan enigeen aanbeveel om by hom te leer vlieg. Volg die link hierbo na sy web. As daar dalk iemand is wat hier lees, wat my kan help met borgskap, laat weet! My vlerk het geskeur en ek is nou op die uitkyk vir ander een. Dankie aan Johan Hattingh wat solank vir my sy ou vlerk leen.
Groete Dirk Ackerman