Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!

Click for English
miranda
Miranda is 'n porselein-pop wat , saam met haar maters, woon in Bellville in Suid-Afrika.

Betsie het elkeen van hulle met liefde gegiet, geverf, gebak, aanmekaar-gesit en aangetrek. Kontak haar gerus per e-pos of by tel. 021 9483891 vir meer inligting of om 'n afspraak te maak om vir Miranda en al die ander te kom kuier.

Daar is altyd 'n verskeidenheid klaar poppe te sien en te koop, maar onthou dat dieselfde pop heeltemal verskillend kan lyk as hy of sy anders geverf word, met ander hare, oë, klere ens. (kyk gerus na Lara). 'n Pop wat op die foto staan, kan dikwels gebuigde bene kry om op 'n stoel te sit, of 'n sit-pop kan gemaak word om te staan. 'n Dogtertjie kan selfs 'n seuntjie word, of andersom ! En dan is daar nog Evie wat kan aanpas by jou gemoedstemming !

Betsie help jou graag om jou eie pop te ontwerp met bv. jou kleinkind se kleur hare, of 'n uitrusting waarvan die kleur pas by die kamer waarin hy/sy gaan woon of wat jy ook al verlang. Die pryse in hierdie webblad is net 'n aanduiding van die prysklas - die finale prys hang af van die besonderhede wat jy kies. Die koste van aflewering is ekstra.

Kliek hier om nog groot poppe te sien
of kliek hier vir babas
Hier is kleiner poppe
Ons is baie gretig om met jou kennis te maak op ons besoekers-blad.

dankie
aan www.321clipart.com vir die letters van die opskrif
aan www.bravenet.com vir die teller en vir die vorm op ons besoekersblad

webblad gemaak deur xtina