Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!

Names in Chinese

Tuisblad


Hierdie is Louis se "chop".
 

Hier is ons amptelike naamstempeltjies. Hierdie tipe stempels is al vir duisende jare in gebruik in China. Dit dien as amtelike "handtekening" vir enige dokument. Elke Chinees het so 'n stempel wat hulle gebruik om enige belangrike dokument te "teken" soos ons in die weste dit ken. Dit word veral gebruik om bankdokumente te "teken". Elke wettige dokument is slegs geldig as 'n persoon se "chop", soos hulle dit noem, daarop verskyn. Alle regerings dokumente word ook so gestempel. Elke departement van die regering het hulle eie stempel. Dieselfde geld vir banke. Slegs rooi ink word gebruik vir die stempeltjies.

Hier links is ons stempeltjies. Hulle is spesiaal vir ons gekerf uit solide hout. Hulle is werklik klein kunswerkies en word in 'n mooi klein houertjie gebêre. Ons het nogal gekyk hoe die man die stempeltjies kerf in Taichung City.

In Louis se stempel is die Chinese karakters in 'n ander styl as dié van Monica.

 

 

 

Hierdie is Monica se "chop".