Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!

Die Heilige Name van ons Hemelse Vader en sy Seun, ons Verlosser,

Soos vertaal deur Patsy Spooner


ONTLEEN UIT DIE VERBONDSKOERIER, WAT DIT ONTLEEN HET VAN ELDERS

Baalaanbidding vandag

As die gemiddelde kerkganger gevra word of hy betrokke is by Baalaan­bidding, sal hy baie moontlik se:

"NEE!" As gevra word watter God hy aanbid sal hy waarskynlik ant-woord: Die "Here", "God" of dalk "Jesus". In sy gedagte is hy gladnie betrokke in Baalaanbidding nie, maar hy is bedrieg. Net soos Satan vir Eva bedrieg het in haar deelname aan die verbode vrugte (2 Korinthiers 11:3) So 'n persoon sal moontlik se: "Prys die Here" en sy naam as "Here" gebruik in gebed sender enige benul dat dit Baalverering is. Hy is sy hele lewe geleer om dit te doen.  Die bekende vertalings van die Bybel het horn laat verstaan dat dit reg is om "Here"' te se in plaas van "Jahweh". Dit word algemeen aanvaar dat die Christelike skrywers van die Bybel God se Naam vervang het met die woord "kynos" (die Here) in die Griekse skrifte.   (Dit sal later be-spreek word). Dus aanvaar hy hier-die tradisie as die waarheid sender verdere ondersoek.

Die oorgrote meerderheid mense wat die naam "Here" aanroep in plaas van "Jahweh", doen dit uit onkunde en kan verskoon word. As ons graag wil aanbid in "gees en waarheid" moet ons nie net aanvaar wat vir ons gese word sender verdere ondersoek nie (Johannes 4:24; 1 Petrus 1:18, 1 Johannes 4:1) As ons 'n God aanvaar wie se naam "die Here" is sender om verder ondersoek in te stel, bedrieg ons nie onsself en volg 'n leuen nie?

Ons kan dalk Baal vereer, wat eintlik die duiwel is, want alle gebede wat geoffer word op die tafel van Baal word in werklikheid aangebied vir die demone en nie die ware God nie (1


Korinthiers 10:20-22; 2 Korinthiers 5:14-16)

Die woord "Baal" beteken eenvoudig "here". Dit is nie 'n slegte woord nie en reg om te gebruik in sekere gevalle. "The Theological Workbook to the Old Testament" se: Jy mag 'n huis (ba'al) besit. (Excodus 22:7) of beheer oor 'n gebied he (ba'al) (1 Kronieke 4:22). 'n Man mag 'n vrou neem (laqah) en met haar trou (ba'al) (Deuteron6mium 24:1) 'n Fokus op die werkwoord "ba'al" vanuit die teologiese oogpunt, lei tot die oor-weging dat die huwelik terminologies gebruik word deur God om Sy ver-wantskap met Sy mense te definieer. (Jesaja 54: 5ff) ook in Jeremia 3:14;

31:32.

In Jeremia word die huidige huwe-liksverwantskap 'n motivering vir berou: "Want ek is heer oor julle" -Jeremia 3:14, se: "Ek is jou meester."

In die beroemde gedeelte aangaande die nuwe verbond word die oue beskryf as 'n gebroke verbond, 'n situasie   wat   ontnugterend  en skokkend is, want "Ek was 'n man (baa/} vir hulle, se Jeremia" (Jeremia 31:32, dieselfde as Maleagi 2:11) Die toekomstige genot wat God sal ervaar met sy verloste volk word beklemtoon in Jesaja waar daar staan dat die land getroud is (ba'al) (niphal), klaarblyklik met Jahweh.

Die naam van die land, Beulah (passiewe deelwoord van ba'al) dui op die intimiteit en genot van Jahweh met die land (Jesaja 62:4).

Die agtergrond wat suike taalgebruik gee aan die Nuwe Testamentiese be-grip van Christus as die bruidegom of man van sy volk, behoort voor die hand liggend te wees. (Efesiers 5:21)

In elk geval moet 'n mens nie die noue verbondsknoop miskyk wat deur hierdie metafoor gesuggereer word nie - nie net van liefde nie maar


ook van lojalitiet tussen God en Sy volk - ("Ba'al" - eienaar, besitter, man}

Die Oegaritiese taal het ook die dubbele gebruik van "meester" en die van 'n godheid. Die grondwoord in die meeste Semitiese tale beteken of "Lord" of wanneer dit deur 'n genetief gevolg word - "eienaar". Afgesien van die betekenis van "ba 'al" as "eienaar", word die selfs-tandige naamwoord in die meervoud gebruik vir bewoners (ba'alim) van 'n stad (Josua 24:11). In Rigters 9, waar die selfstandige naamwoord sestien keer voorkom, vertaal die ASV dit eike keer met "man", maar die RSV gebruik saam met 'man' ook 'workers', 'burgers' (Rigters 9:2) en 'mense' (Rigters 9:46) en 'ba'al" kan ook verwys na 'vennoot' of 'bondgenoot'. (Genesis 14:13)

Idiomaties simboliseer "ba'al" as meester van lets 'n persoon (naamlik ba'al van toorn, Spreuke 22:24; van eetlus (Spreuke 23:2;) van drome (Genesis 37:19) of dit identifiseer 'n beroep, naamlik "offisier (ba'al) van die wag" - (Jeremia 37:13).  Dit word gebruik as 'n vrou van haar man praat (Gen. 20:30) landeienaars (Joshua 24:11); "Here van die nasies" (Jesaja 16:8), eienaars van verskeie items (Exodus 21:28, 34;

22:8; 2 Konings 1:8) krediteurs (Deuteronomium 15:2); Jahweh (Jesaja 54:5; Hosea 2:16) en valse gode (Rigters 2:11,13)

Let wel: Die "Theological Workbook to the Old Testament" kort die name van die Bybelboeke af, ons het dit egter ten voile weergegee.

Soortgelyk word die Engelse vertal-ing "Here" (Lord) gebruik. 'n Per­soon kan heer in sy eie huis wees of hy kan heer oor 'n groep wees. Ons moet nie bang wees om die woord te gebruik in die betekenisse soos hier-bo weergegee nie. Dit is geen aabid-ding van 'n valse god of afgod nie. Die woord kan ook vertaal word as (Vervolg dp bladsy 19)


 


-18-


(HEILIGE NAME: Vervolg van bladsy 18) "meester" of "meneer". In Spaans (ook sommige ander tale) is daar net een woord vir "Here" en "Meester", naamlik "Sen or".

Dit is onvanpas om die woord "Here" (Spaans "El Senor"} op so 'n wyse te gebruik deur dit die eienaam van God te maak. Daar was ook 'n spesifieke Kanaanitiese god wat "hab-Baal" ge-noem is, dit is "Here". Dit is wan-neer "Here" in die sin gebruik word of as 'n plaasvervanger vir God se naam dat dit 'n element van valse aanbidding word.

Hier volg 'n paar tekse wat wys hoe Jahweh voel oor die aanbidding van afgode.

Exodus 20:2-5: "Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig he n/e. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of eni'ge gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is n/e. Jy mag jou voor hulle n/e neerbuig en hulle n/e dien n/e; want Ek, die Here jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vac/ors besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;"

Exodus 34:11-14: "Onderhou wat Ek jou vandag beveel.   Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaaniete, Hetiete, Feresiete, He-w/'ete en Jebusiete. Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy n/e miskien 'n strik by jou word nie. Maar hulle a/tare moet julle omgooi en hulle klippilare ver-brysel en hulle heiUge boomstamme afkap. Want jy mag jou nie neerbuig voor 'n ander god nie; want die Here se Naam is Ja/oers - 'n jaloerse God is Hy."

Deuteronomium 4:25,26:   "As jy

kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle 'n gesnede beeld maak, 'n gelykenis van enigiets, en doen wat verkeerd is in die oe van die Here jou God om Horn te terg, dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuienis teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar


sekerlik verdeig word."

Tog se die Bybel dat die Israeliete deel gehad het aan die aanbidding van afgode in die land waarin hulle gewoon het. Tussen hierdie gode is daar 'n naam wat telkens weer na vore kom en dit is "Baa/" of "Here".

Aangaande   die   feit   se   die "Theological Workbook of the Old Testament":

Dwarsdeur die tydperk van die Rigters het Israel horn oorgegee aan die aansteeklike kultus (Rigters 2:11 en 6:25) en moes van die tragiese omstandighede gered word deur Jah­weh se rigters.

Gedurende die tydperk van Agab, die seun van Omri, het Baal-aanbidding die amptelike geloof van die Noorde-like Ryk geword (1 Konings 16:31). Leah Bronner het oortuigende argu-mente dat Israel se wonderwerke ty-dens die tyd van Elia en Elisa gedien het as 'n stryd (polemiek) tussen God en die magte toegeskryf aan hierdie heidense natuurgod, naamlik: vuur (1 Konings 18:17; 2 Konings 1:9-16), reen (1 Konings 17:1; 18:41-46), voedsel (1 Konings 17:1-6, 8-16; 2 Konings 4: Iff), kinders (2 Konings 4:14-17), opwekking (I Konings 17:17-23; 2 Konings 4:18-37;

13:20-22 - The Stories of Elijah and Elisha as Polemics Against Baal Wor­ship, Leiden, 1968)

Hulle wonderwerke het egter nie die land skoongemaak van die lae kultus nie en dit het gelei tot die ballingskap van die Noordelike Ryk (Hosea). Hier­die kultus het ook die Suidelike Ryk binnegedring (2 Konings 11:18;

21:2) en ten spyte van Josia se hervorming (2 Konings 23:4ff) het dit gelei tot die Ryk se ballingskap. (Esegiel 16:23)  Die Hosea-gesprek beskryf hoe Israel, wat geskenke van graan en olie van Jahweh ontvang het, dit gebruik het in die aanbidding van Baal (Hosea 2:8)

Hierdie God wat Baal genoem is, is later Tammus genoem. Tammus- (of Baal) aanbidding was sterk verbind met die kruis, die boom en sonaan-bidding.   (Sien "Restoration Light Publication no 37: Cross or Impale­ment?") Hierdie aanbidding is nog steeds aan die gang onder die meeste tradisionele Christelike groepe in die vorm van die kruis, die kersboom, heilige kranse en Paasfees.


Sodra 'n dissipel van die Messias die

waarheid aangaande hierdie dinge

ontdek het, moet hy of sy onmiddel-

lik alle vorme van Baal-aanbidding uit

sy lewe verwyder!

Openbaring 18:4: "Gaan uit haar uit

my volk ..."

Ja, gaan uit alle tipes van aanbidding

wat die Satan behaag.

Die Heilige Naam in die Nuwe Testament.

Om terug te keer na die Naam van God, party mense se dat aangesien die Nuwe Testament God se Naam in Grieks vertaal as "Kyrios" wat ook beteken "Here", ons dieselfde moet doen. Tog dui getuienis daarop dat die Nuwe Testament Bybelskrywers nie God se naam vervang het met "Kyrios"("Here") nie.

Aldus die mening van mnr. George Howard, mede-professor van Gods-diens en Hebreeus aan die Univer-siteit van Georgia:

"In 1944 het W.G. Waddell die oor-biyfsels ontdek van 'n Egiptiese pa-pirusrol (Papyrus Fuad 266) wat ge-dateer is in die eerste of tweede eeu voor Christus en het deel van die Septuagint ingesluit. In geen geval is JHWH vertaal as "Kyrios" nie. In plaas daarvan is die Tetragrammaton self in vierkantige Aramese letters in die Griekse teks ingeskryf. Dit staan gelyk aan die Qumram Verbonders se gebruik van die "paleo" - He-breeuse skrywes vir die Heilige Naam in 'n dokument wat andersins geskryf is in vierkantige Aramese skrif.

Daar is drie verskillende voor-Christelike afskrifte van die Griekse Septuagint Bybel en nie in een in-stansie is die Tetragrammaton met "kyrios" of enigiets anders vertaal nie. Ons kan nou met groot seker-heid se dat dit 'n Hebreeuse gebruik was, voor, gedurende en na die Nuwe Testamentiese periode om die Heilige Naam in paleo- Hebreeus of vierkantige Aramees te skryf of direk in die Griekse teks te transkribeer.

Die heilige Naam JHWH was en is nog steeds die heiligste woord in die Hebreeuse taal.   Dit is dus byna onmoontlik dat Israeliete hier-die Naam uit die Bybel sou verwyder het.   Verder weet ons nou deur ontdekkings in Egipte en die

(yen/dig op bladsy 20)


(HEILIGE NAME: Vervolg van bladsy 19) woestyn in Judea dat die Israeliete die Tetragrammaton selfs in die Griekse teks in Hebreeus geskryf het.   In alle waarskynlikheid het Israelitiese Christene dieselfde oor die Heilige Naam gevoel en voortge-gaan om dit in Hebreeus in hulle Bybels te bewaar. 'n Bekende rab-b/niese paragraaf (Talmud Shabbat 13:5) bespreek die probleem van die vernietiging van die "dwaalleer" tekse (Dit het moontlik boeke van Israelitiese Christene ingesluit). Die probleem van die rabbiniese skry-wers is dat die "dwaalleer" tekse die Heilige Naam bevat en die vernietig­ing daarvan ook die vernietiging van die Hebreeuse Heilige Naam sou beteken. Dit skep verder die indruk dat Christene nie die Heilige Naam in Grieks vertaa) het nie.

Die Heidense Christene, anders as Hebreeuse Christene het geen tradi-sionele verbintenis met die He­breeuse Tetragrammaton gehad nie en sender twyfel dit nie eers altyd beset nie. Nie-Hebreeuse skrywers wat nog nooit tevore Hebreeuse skrif gesien het nie (veral in sy arga'i'ese vorm) kon onmoontlik die Heilige Naam bewaar het. Miskien het dit bygedra tot die gebruik van "kyrios" en "theos" vir die Tetragrammaton

Dus, teen die einde van die eerste Christelike eeu het die gebruik van plaasvervangers soos "kyrios" en "theos" en hufle byvoegings daartoe bygedra dat die Hebreeuse Tetra­grammaton in beide Testamente uit-geskryf is.

Maar hoekom sou die vroee Chris­tene die Heilige Name vervang het met "kyrios" (Here) of "theos" (God)?  U moet onthou dat daar vanaf 66 nC tot 135 nC verkeie Israelse opstande was en daar was ook grootskaalse vervolging deur die Romeinse owemede teenoor enigie-mand wat geblyk het Israel te wees. Na die dood van die Apostels was daar 'n groot verval van die ware geloof. (2 Thessalonisense 2:3; 2 Petrus 2:3). Meeste van die Israel Christene is doodgemaak deur die Romeine wat toe veroorsaak het dat daar net 'n klomp heidense bekeer-linge oorgebly het. Hierdie Christene wou die Romeinse regering te vrede stel en het goedkeuring gewen oor die algemeen by die Romeine. Hulle het begin wegdoen met alles wat hulle na Israeliete laat lyk het. Die


Griekse filosofiee is gelykgestel aan die Heilige Woord.   (2 Timotheus 6:20,21)   Onder   hierdie   om-standighede kan gesien word hoe alle geskrifte wat die Heilige Naam bevat het vernietig is en ons slegs gelaat is met die geskrifte wat die plaasver-vangende "kyrios" en "theos" gebruik het.

Daarom se ons dat die Christen By-belskrywers wel die Heilige Naam gebruik het in hul geskrifte, of in sy Hebreeuse vorm of moontlik in 'n sekere Griekse vorm. As ons anders gfo, beteken dit dat ons glo dat ons Verlosser en die Apostels in die naam van 'n god genaamd "kyrios" gekom het en nie in die Naam van Jahweh nie. Volgens die Hebreeuse geskrifte, as dit so was, sou ons al die Chris-tengeskrifte moes verwerp as bood-skappe van 'n valse god. Deiiterondmium 18:20:   "Maar die profeet wat so vermetel is om 'n woord in my Naam te spreek wat ek horn nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, die profeet moet sterwe."

Ons kry vandag baie mense wat daarop aanspraak maak dat hulle pro-fete is wat kom in die naam van die "Here". Maar ons kan hulle uitken as nie-gestuurdes deur die ware God Jahweh. 'n Ware profeet sal in die Naam van Jahweh kom en nie in die naam van 'n god wat "Here" genoem word nie.

Roep al die mense wat aanbid in die Naam van "die Here" of "Jehovah" dan 'n valse god aan? Ja en nee. Ons moet onthou dat ons ver weg is van die eerste eeu af, en die Satan het 'n groot misleiding veroorsaak, sodat selfs die dienaars van die Almagtige nie sal weet wat om te doen nie. (Lukas 12:46-48) Elkeen is verantwoordelik vir dit wat aan horn gegee is.  (Lukas 12:48) Dus moet ons verwag, ten minste aan die begin van die finale oes, dat die meeste van die Meester se die­naars nie die belangrikheid van die gebruik van die Heilige Name insien en so die gebruik van die naam van 'n vals god teestaan nie. Dit maak egter nie van hulfe in hulle harte aanbidders van 'n valse god nie. Maar soos die boodskap deur die wereld gaan, moet ons verwag dat die Heilige Gees die gebruik van die Heilige Naam op die harte van hulle wat werklik aan Horn behoort sal le, sodat hulle die ware boodskap hoor.


Hoe sal ons dan die Naam van Skepper vereer? Verseker nie die plaasvervanger "Here" as Naam nie. Maar dit eer ook ni< Naam deur die een uitspraak var Naam af te speel teen die ander r

Tog moet almal wat waarlik wil a bid in gees en waarheid dadelik be om die naam van "Baalim" te \ wyder uit hulle monde. (Johanr 4:23,24; Hosea 2:17) Daarom, liefdevolle kinders van Jahweh, me ons die begeerte he om "Jahweh /oof" en nie "die Here (Baa/)" te lo nie. Psalm 111:1-5; 150:6. Deur Jahweh te prys behoort dit or nader aan Horn en aan mekaar t bring.   Ons besef dat almal wa hierdie wereld liefhet, insluitende al mal wat die gewilde tradisies var mense liefhet, op die punt staan orr vernietig te word en dit laat alleen die agter wat onder die Bloed van die Messias staan - IVIattheus 24:37-42;

Openbaring 7:13,14; SefanJa 2:2,3.

Die goeie nuus is dat hulle vernietig­ing daar is om hulle te dissiplineer en hulle nederig te maak, nie om hufle in ewige vernietiging in te stuur soos die "Wagtoring" mense leer nie. (JesaJa 2:11; 5:15,16; 10:33; Psalm 94:10)

Jahweh sal Sy Naam heilig wanneer Hy aan almal wat Hy vernietig het se: "Keer terug, o mensekinders!" (Psatm 90:3)

Na die vernietiging van Satan se koninkryk en Jahweh se Koninkryk in totaliteit oorgeneem het op die aarde, sal almal wat dood is terug-keer na die aarde (met uitsondering van die mede-regeerders van Chris-tus, wat alreeds opgewek is -Romeine 8:17; Openbaring 20:4) om geoordeel  te  word  deur  die Regverdige Regter.   (Openbaring 20:12) As gevolg daarvan sal "baie voike (sa!) heengaan en se: Kom laat ons optrek na die berg van Jahweh, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy wee kan leer en ons in Sy paaie kan wandel." (JesaJa 2:3). Die woorde wat in Psalm 83:18 staan sal dan volbring word in die wat vernietig is soos daar in Psalm 83:19 staan: "sodat hulle kan weet dat U, wi'e se Naam Jahweh is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde."

Einde