"Hunky" Heinz se stil dae is nou eers verby. (Rapport Newspaper 23 June 2002)
Heinz Winckler, die ou wat Marcus Brewster bestempel as 'n "popster volmaak verpak". is dinamiet op die verhoog, maar praat hy met jou, is hy tentatief, versigtig. Hy weeg sy woorde. Soos dit 'n voornemende prokureur betaam. Altans, did wat hy was tot hy Idols gewen het.
En self erken hy: "Taal kan nie beskryf hoe ek gevoel het toe ek aangekondig is as die wenner nie."
Hunky Heinz, soos die pers hom gedoop het, vertel:"Dit was rof om daardie finale ronde te sing.Ek was bang ek vergeet my woorde." (Hy het 'n vorige regstreekse opnames sy woorde vergeet...)
Oor sy peperduur geel Toyota- sportmotor is die teruggetrokke Heinz onbeskaamd bly. Terwyl hy praat oor die gevaarte, kry sy gesig 'n trek soos die van 'n seuntjie in vervoering oor sy gunstelling-speelding.. “My pa was ewe opgewonde. ‘Jy gaan my vir ‘n rit vat,’ he thy dadelik gese toe ek die kar kry.”
Oor sy toekoms is Heinz nog nie mooi seker nie. Dit lyk vir hom Johannesburg is die praktiese plem om te woon. Wat hom wel soos ‘n bom getref het, is dat sy privaatheid daarmee heen is.”Maar ‘n mate van privaatheid is iets wat ‘n mens met slim beplanning kan bewerkstellig.
“Ek het tyd vir myself nodig,” meen Heinz beslis. Hy is diep gelowig.”my stiltetyd elke dag is van groot belang in my lewe.Ek is nie ‘n Bible Basher nie, maar ek glo God is met my. En geloof is ‘n proses. Dit groei. Dit was my ervaring gedurende Idols.
Vir Heinz is dit moelik om te kies tussen pop en rock. “Die skeidslyn is nie altyd duidelik in die mark nie. Maar ek kan nie sien waarom ek nie in albei style kan sing nie. Dis immers ‘n uitdaging en hang af van die vervaardigers en platemaatskappye waar jy ‘n kontrak het.”
Heinz is gelukkig met sy lewe soos dit is. “ek sou graag my vriendekring wou hou soos dit is, en ontmoet ek iemand met wie ek kliek, maak ‘n mens maar vriende.
“Ek is baie bly dat my beste vriend hier was. Johan is ‘n passievolle loud mens wat graag ‘n akteur wil wees. Hy het al ‘n paar toneelstukke geskryf. Skeppendheid is altyd ‘n goeie ding.
Heinz is ‘n kerel met dissipline wat hou van ‘n roetine. “Voor die verandering in my lewe,” vertel hy, “het ek by my ouers gebly. My lewe was baie rustig. Ek het ontbyt geeet, op my fiets klas toe gery en saam met vriende uitgehang.
“My familie is baie belangrik vir my. Die tyd met Idols weg van hulle was vir my soms moeilik. Dis net nie dieselfde om oor die foon te praat nie. Die heimwee het my soms nogal betrek.”
Idols het sy drome laat waar word.” Ek sou graag ‘n band soos tree 63 wou stig. Die musiek wat ek maak, moet getrou wees aan wie ek is. Nie noodwendig gospel nie, maar ook lekker luistermusiek wat sal verkoop in die sekulere mark.”
Heinz is ingenome daarmee dat Dave Thompson, een van die Idols beoordelaars, hou van een van die liedjies wat hy geskryf het. Een lui het iets iets spesifieks beteken, twee luie iets anders.
Heinz is skeppend, maar glo ‘n mens moet in die wyer sin ook vir die mensdom omgee. “ek is ten gunste van welsyn en organisasies wat mense help. Vigs-organisasies is byvoorbeld iets wat steun behoort te geniet. Maar ek neem as ek by so iets betrokke raak, sal dit eers in Stellenbosch wees. Jou tuisdorp kom altyd eerste.”