Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!

MWA CILLIERS TREK van 1985.

Vir my die heel mooiste foto van Afrika suid van die Sahara. Die oorspronklike foto is met 'n 'gewone' kamera uit Apollo 17 geneem toe dit op pad is maan toe. Tampa is so'n 100 myl, soos die kraai vlieg van die "Kennedy Space Center" af. Die "Shuttle" het soms nag vlugte, (as ons onthou om te kyk), dan kan 'n mens duidelik die opstyging van hier v^r in Tampa sien. Die foto regs is vanuit 'n stateliet geneem waar 'n mens in 'n SUIDELIKE rigting na die Kaapse Skiereiland kyk. 'n Mens kry wonderlike perspektief van Kaapstad, Valsbaai en al die baie ander bekende plekke daar. Robin Eiland kan baie duidelik gesien word. Daar word beweer hier in die VSA dat die maatskappye wat die tegnologie bemark wat vir jou, jou presiese ligging hier op die aarde vasstel, die grootste groei oor die volgende paar jaar gaan he^. Meeste van die luukse '99 motors sal in elkgeval die tegnologie as standaard toerusting in die motors he^! Jy sal nooit weer verdwaal nie, nie in die grootste stede of op die platteland, of in die ope see of oseane van die we^reld nie!

Hoe gaan dit daar met julle almal in Suid-Afrika. Ons is nou al 15 jaar hier in Tampa, Florida, in die VSA. Ons praat nog steeds NET Afrikaans met mekaar in die huis en orals waar ons gaan. Ons praat Engels met ons seun van 15 jaar. Hy is omtrent sy hele lewe hier in Amerika. Ek is Martin W.A. Cilliers en 57 jaar oud, my vrou is Marie Cilliers en my seun hier is 15 jaar oud. Sy naam is Nic Cilliers. Ek het 'n seun Etienne, 27 jaar oud in Johannesburg. Ons het ons huis hier gekoop in '89 en het 'n spruit wat deur die eiendom loop met groot akker bome op die walle. Marie is 'n kleuter onderwyseres, ek is 'n voltydse afslaer, en eindoms makelaar, en Nic is nog op skool. Hy isn ou in std. 8. Ek spandeer soveel tyd as ek kan op die komper, en geniet die ontvangs van private e-pos. Met die meeste commersieele pos druk ek maar die "delete" knoppie nog voor ek dit lees. Hierdie stad van Tampa waar ons woon is op die Weskus van die staat van Florida, en l^ aan die noorde kant van Tampa Baai. Op die weste kant van die baai, op die ooskus van die Golf van Mexico, is St. Petersburg en net noord daarvan is Clearwater. Albei Pragtig. In die Tampa Baai omgewing woon meer as twee miljoen mense, en dit word so warm soos Durban hier met LM se humiditeit. Die baai is baie groot, bv. dis omtrent 30 myl van noord na suid, en die gemiddelde oos-wes breedte is so 17 tot 20 myl. Tampa is die vyfde grootste hawe in tonnemaat in die VSA. Die winters is fantasties, en het geen vergelyking met die res van Amerika nie. Die Suidelike helfte van Florida is ryp vry. Ek kan hier die hele jaar golf speel, en doen dit ook. Dis nou Augustus en soos ek aan gaan sal ek by las en fotos in sit sodra ek weet hoe. BILTONG IN EEN DAG!!!! Wel ek dink ek gaan julle nou vertel hoe om die lekkerste biltong in slegs een enkele dag te maak. Wel die hummiditeit hier in Tampa is geweldig hoog. Gewoonlik tussen 60 en 90%! Moeilik om te glo, maar 'n mens het geen kans om hier in die winter selfs, biltong op te hang nie. (Tensy jy geniet om Spanish Moss te eet). Die enigste uitweg vir n' groot biltong eeter soos ek was om 'n dihedreerder? aan te skaf. Een met 'n "fan", en ook 'n verwarmings element. Dit MOET jy he^. Dis wat ek het en wat sal maak dat jy biltong die laat middag maak, en die volgende oggend, so 9 uur, eet jy die lekkerste biltong. Nou die resep soos ek dit doen. Ek gaan na die supermark se vleis afdeling en soek van die goedkoper vleis wat nie bene het nie, en ook nie te veel vet nie, hoe minder hoe beter wat my betref. Ek soek so 6lb se vleis wat die rooiste is, (party vleis is mos so bleekkerig en ander baie rooi, vat die rooiste, dis belangrik vir nog lekkerder smaak), die rede dat ek so 6lb se vleis vat is dat dit soveel is as wat my dehidreerder kan hanteer op 'n slag. 'n Elkgeval meer vleis sal veroorsaak dat 'n mens jou dood eet, (dit neem mos net een dag om nog te maak). Wel nou het jy jou vleis en as jy weer by die huis is neem beslag van die kombuis. Haal die vleis uit die plestiek, en met 'n skerp groot met sny al die oortolligge vet af, (jy kan kaaiings maak as jy wil), en dan sny jy die vleis in blokke van so 4 duim vierkant of naastenby wat vir jou gerieflik is. Ek eindig gewoonlik op met so 4 of ses blokke. Nou sny ek die vlies soos snytjies brood en nou moet julle presies lees, die snye is plus minus 'n 1/4 duim dik. Ek gooi al die snye op 'n hoop en dan neem ek een vir een en sny dit so om en bei 1 en 'n 1/2 duim wyd en dan word dit dadelik netjies gepak in die 5 "trays" van my dehidreerder. Dit gedoen dan vat ek een "tray" op 'n slag en sprinkel dit met sout, (ek sprinkel dit soos wat dit sou wees wanneer dit reent op 'n teer pad, en die druppels het net mooi die hele pad se oppervlakte nat gemaak, nou stop ek reg daar, nie 'n sout korreltjie verder nie). Dan sprinkel ek liggies swart peper op en doen so met al die "trays",(die peper moet wees soos wat dit sou wees voor die druppels mekaar eers raak op die teerpad). Ek laat dan die vleis so staan vir een uur. Na die uur draai ek elke indiwidueele stuk vleis om en sprinkel presies soos voorheen weer die sout en peper. As dit gedoen is, vat ek dadelik die dehidreerder na 'n stil hoek in die huis naby 'n kragpunt en skakel aan, (gewoonlik voor ses uur die aand). Dan so ses uur later, voor ek gaan slaap draai ek elke enkele stuk vleis om. En dan ruil ek die "trays" om. Die nat boonste gaan heel onder en so aan, ( ek het 5 "trays", dus bly die middelste net daar waar hy is). Die boonstes sal baie nat wees en die onderste 'tray" sal al begin droog lyk. Dis ook nou die tyd om die heel droogste kleiner stukkie te "toets proe". Anders gestel, jy kan nou 'biltong steel' sonder die gevaar dat die res van die famielie vir jou sal uitvang! Mo^re oggend so 9 uur sal die biltong reg wees. Ek sit NET die sout en die peper op, en dis absoluut fantasties. Ennige ander kruie wat bygesit word neem weg van die smaak van die vleis. Hier is ek en Vleisraad eens. As jy bv. van die smaak van koliander hou, goed so, maar weet dat jy 'vleissmaak' prys gee vir 'kolliandersmaak'! Wel, die ander kos wat ek lekkerder maak as wat ek ooit in Suid-Afrika gehad het, is poetoe pap. Ek maak dit in 5 minute baie lekketrder as wat enige Zoeloe meid dit ooit kon maak. Ek het vir lank op een stadium, toe ek wou begin boer het, en nie geld gehad het nie, slap pap vir ontbyt gehad, stywe pap vir luns, en krummel pap (poetoe), met vleis en sous, vir aandete. Sodra ek nou weer tyd het gee ek julle die presiese manier om die ding te doen.
Baie dankie. Martin Cilliers.

Ek sal 'n brief, van U, baie waardeer by my E-pos adres:- trekboer@hotmail.com

Email: trekboer@hotmail.com