Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!
 Soek SA
  
 

Altavista

Infoseek

SA Godsdiens-akademie

NT Werkgemeenskap van SA

NT Bronne

Neotestamentica

Society of Biblical Literature

Tuisblad van Bobby Loubser

Argief | Erediens-werkswinkel | Mtunzini-kerk


Preek Mtunzini 8/11/98.

Die redding van ons siele

 

Opsomming van Openbaring 3:14-22

Die opgestane Jesus stuur ’n boodskap aan die gemeente van Laodisea, wat moeilike tye in die gesig staar. Hy weet alles van hulle. Omdat hulle nie warm of koud is nie, gaan hulle uit sy mond gespuug word. Hulle meen egter hulle is ryk en het niks meer nodig nie. Jesus raai hulle aan om goud, wit klere en salf by hom [gratis] te koop. Hulle moet hulle bekeer. Hy staan by die deur en hy klop. As iemand oopmaak, sal hy ingaan en met hulle fees hou. Hulle sal saam met hom op die troon sit. Dis nou die tyd om te luister.

———

Die redding van ons siele begin by ’n gemis, ’n honger wat nie bevredig word nie, ’n kring wat nie voltooi word nie. Iets is nie reg nie. Soos Shakespeare in Hamlet s: Something is rotten in the State of Denmark! Dis van ons wat hy praat. Verskillende mense ervaar die gemis verskillend. Nikodemus, ’n wetsgeleerde word ’n nagdissipel: hy sit met ’n geestelike honger so groot dat hy in die nag moet sluip om Jesus uit te vra (Joh 3). Paulus dink aan die magteloosheid van sy ou lewe: die goeie wat hy wil kan hy nie doen nie, en die slegte wat hy nie wil nie, dit doen hy (Rom 7). In Openbaring 3:14vv word vertel van die gemeentetjie Laodisea, wat nie koud of warm is nie. Dit beteken dat hulle niks regkry nie en op die punt is om soos louwater uitgespuug te word. Daar is vervolging op pad vir hulle, wat hulle nie sal oorleef nie — in Pergamum is ene Antipas alreeds deur die Romeinse owerheid ("Satan") tereggestel; die siener van Openbaring is alreeds na Patmos verban, die Robbeneiland van daardie tyd. En keiser Domitianus word aangeroep as Dominus et Deus Noster (ons Here en God). In die beeldspraak van Openbaring kort hulle goud (rykdom), wit klere (oorwinning) en salf (perspektief).

Soos ons kan sien, is hierdie gemis verskillend vir verskillende mense, maar dit groei uit dieselfde wortel, naamlik ’n vervreemding van die Bron van ons bestaan. ’n Ander woord hiervoor is ‘sonde’ wat ons so maklik misverstaan. Sonde kom van ’n woord wat beteken: om jou doel te mis, om ’n mislukking te wees, om ’n gemis te ervaar.

Mense se eerste reaksie op so ’n ervaring is om dit te ontken. Dis wat die Laodisense doen. Hulle s: Ons is ryk, ons is OK, ons het niks nodig nie. Maar hulle weet nie hoe jammerlik arm, blind en kaal hulle is nie. ’n Tweede reaksie is om ander die skuld te gee. Dis ’n ou trick wat al uit die Tuin van Eden kom. As God vir Adam en Eva opsoek, dan wys Adam na Eva en s: ‘Sy het die vrug vir my gegee.’ En as die aandag op Eva val, wys sy na die slang en s: ‘Dis nie ek nie, dis die slang!’ Ontkenning en beskuldiging — dis verhaal van ons lewens. Baie mense kom nie verder as dit nie.

Gelukkig is die siel wat kom tot ’n punt waar sy vir haarself moet erken: ek het ’n gemis en ek kan niks daaraan doen nie. Dis kan die begin van iets nuuts wees. By Alkoholiste Anoniem is dit vereiste nommer een vir herstel: die alkoholis moet tot die insig en erkenning kom dat hy of sy ’n alkoholis is en dit vir altyd sal bly, selfs al drink hy nooit weer ’n druppel nie.

Erkenning van jou gemis kan die begin van iets nuuts wees, maar dis ’n gevaarlike toestand, want jy is broos en kwesbaar. Daar is die gevaar dat jy jouself aan selfbejammering kan oorgee, en soos in Ps. 22 kla: ‘My God, my God, waarom het u my verlaat?’ Of jy kan in ’n hoekie gaan wegkruip soos die Esseners wat ’n klooster by die Dooie See in die woestyn gaan bou het. Of , jy kan jou minderwaardigheidsgevoelens en jaloesie so diep koester dat dit jou hele lewe insluk. Judas het baie belofte as dissipel getoon, maar — ek dink — dis sy minderwaardigheid en jaloesie wat hom in ’n verraaier verander het.

’n Mens sal dink dat mense wat gereld kerktoe kom al verby hierdie punt van onstabiliteit is, maar dit is glad nie die geval nie. Ek dink aan ’n lang lys mense, mense wat rotsvas in die kerk gestaan het, en vir wie alles skielik een dag verkeerd geraak het. Ander se boeke is duister om te lees, maar ’n mens wonder of hulle dan hoegenaamd niks gevind het om daardie gemis aan te vul nie.

Wat doen jy met die gemis in jou lewe, die leegheid, die onmag? Ontken jy dit, veg jy daarteen of hardloop jy weg. Of moes jy al in die spiel kyk en dit vir jouself erken? En waar is jy nou op die lewensweg: selfbejammering, in ’n proses van onttrekking, of besig om minderwaardigheidsgevoelens op te bou? Dit maak egter nie saak waar jy wegkruip nie, en hoe dig jy jouself toegesluit het nie, daar is ’n klop aan jou deur. Jesus s: ‘Kyk, ek staan by die deur en ek klop.’

Dit mag jou verbaas om uit te vind wie hierdie klopper regtig is. Hy is iemand wat ons omswerwinge volg nog voordat ons dit weet. In 3:15 s hy vir die gemeente: ‘Ek weet alles wat julle doen.’ Hy wil h mense moet hom binne nooi. Hy wil graag sy beloftes aan jou bevestig en jou lewe op ’n vaste rots plaas.

Hoekom doen hy dit nie sommer van die begin af nie? kan ’n mens wonder. Ons moet een ding van Hom verstaan, en dit is dat sy nederigheid so groot is dat ons maar net kan begin om dit te begryp. In sy nederigheid beskou hy ons as sy gelykes. En daarom praat Hy nie uit sy beurt nie. Die Here Jesus is nie soos party wat antwoorde verskaf voordat vrae gevra word nie; wat dinge gee sonder dat mense dit wil h nie. Hy druk nooit sy idees in mense se kele af nie. ‘Kyk, ek staan by die deur en ek klop,’ s Jesus. En hy wag en wag, en as iemand oopmaak, eers dan gaan hy in.

Daardie klop is nie die klop van ’n veroweraar nie.

Het julle al opgemerk hoe verskillende mense aan hulle manier van klop herken kan word? Party klop asof hulle ’n klopjag op jou kom uitvoer! Daar is ook ’n ander manier van klop. Party van my studente kom uit huise waar nie gewoonlik geklop word nie, slegs aan die induna se deur. En daar klop ’n mens nie hard nie. Ek het al ’n paar keer iets soos ’n gevryf teen my kantoordeur gehoor. Eers baie later as ek wonder wat aan die gang is en die deur oopmaak, vind ek ’n skugter student wat al die tyd daar staan en wag. Dit is soos Jesus klop. Met ’n deurboorde hand kan jy nie hard klop nie. Dis dalk die sagste klop wat jy ooit sal hoor, want dis nie ’n fisiese klop nie, maar ’n geestelike. Soos dit in Openbaring gestel word: ‘Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes s.’

As jy die deur oopmaak, vind jy dat Hy ewe rustig daar staan. Nou moet ons ’n bietjie die woordeboek oopmaak, want daardie woord ‘staan’ is nogal ongewoon. Dis nie die gewone woord vir staan nie.

Esteka, die woord wat gebruik word, is die perfektum van histemi {his'-tay-mee} ’n versterkte vorm van stao {stah'-o}om te staan. Dit kan beteken:

a) bystaan of naby staan

  • om te stop, stil te staan, onbeweeglik te staan, stewig te staan
  • van die fondament van ’n gebou
  • b) om te staan

    aanhou staan, onverhinderd te staan, gereed te staan

  • om standvastig te wees

    ’n eienskap van iemand wat nie weifel nie, wat nie twyfel nie

  • Die perfektum s, dit is die klop van iemand wat al lankal daar staan. Gereed staan. Glad nie van plan is om weg te gaan nie, so stewig staan soos die fondament van ’n gebou, maar wat jou nie oordonder nie.

    Dis duidelik: Hy klop nie omdat hy iets aan jou wil afsmeer nie. Hy is daar omdat hy kom help. Omdat hy weet jy dit nodig het. Goud, wit klere en salf. Rykdom, oorwinning en insig. Daar is baie maniere om oop te maak. Maar die eenvoudigste is net om te s: ‘Here, kom in my lewe in. Hier is ek, ek het u nodig. Ek weet nie eens of dit u is nie, ek weet nie eens of ek glo u kan my help nie, maar kom tog in.’ Die oomblik wat jy oopmaak, is die begin van ’n feesmaal.

    Daar is baie mense wat kerk toe kom, wat hy Bybels lees, en van dinge verneem wat vir hulle glad nie sin maak nie. Wat steeds die rykdom, oorwinning en insig kort. Vir wie heiligmaking, versoening, regverdigmaking niks beteken nie. Wat skrik vir bekering. Waarom? Omdat hulle nog steeds in ontkenning is, of besig is om te veg of te vlug? Daar staan iemand by die deur van jou lewe en klop. So sag dat jy dit dalk nie bo die lawaai van jou eie lewe hoor nie. Dis jou keuse: Jy kan op hierdie oomblik oopmaak. Doen dit, en dit wat in Openbaring 3:20 staan, gebeur: ‘As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal ek by hom ingaan en saam met hom feesmaal hou, en hy saam met my.’

    Maak oop en die soektog van jou siel, het in ’n pelgrimstog met Jesus verander. In die volgende dae en jare leer jy jou nuwe metgesel ken. Daar is soveel dinge wat jy nog nie weet nie, maar jy staan in ’n nuwe verhouding. Daar is ’n nuwe teenwoordigheid in jou lewe. En gaandeweg begin dinge vir jou sin maak, dinge wat jy al lankal geweet het, maar wat nog net le gedagtes was.

    • Jy begin dinge sien soos Jesus hulle sien, en doen dinge soos Hy dit doen.
    • Jy begin uitsien na die saamwees met ander met wie jy jou nuwe vriend kan deel.
    • Jy skrik nie meer vir die woord bekering nie, want dit is presies wat besig is om met jou te gebeur, en jy kan nie wag tot die proses eendag klaar sal wees nie.
    • Jy leer die betekenis van jou doop.
    • Jy sien uit na die nagmaal, die brood en wyn wat jou herinner. Wat jou help om opnuut die deurboorde hande te sien wat dit vir jou uitdeel.

    ‘Elkeen wat die oorwinning behaal, sal saam met my op my troon laat sit…’ Na ’n tyd kan jy terugkyk op klein en groot oorwinnings.

    • Daar het heling en heiliging plaasgevind.
    • Jy kom agter dat jy dinge met sukses aanpak.
    • Jou wrok en skuld, wat soos ’n berg was, is skielik weg.
    • Jy kyk na jouself en ontdek dat jy tog geloof het. Jy hoop nou op vervulling met ’n sekerheid wat niemand van jou kan wegneem nie.
    • Jy het ’n nuwe selfbeeld: die van ’n geregverdigde. God kyk na jou nie soos jy is of was nie, maar soos jy gaan word. En jy is al ’n entjie op pad.
    • Daar is berusting en vrede.
    • Jy word verras as ander die vrugte van die Gees in jou lewe opmerk.
    • Jesus het die pad na God toe oopgemaak. God is nou met jou en in jou.

    Ek wil afsluit deur ’n stukkie oor die einde van die pad wat ek saamgestel het uit die geskrifte van die middeleeuse mistikus, Meister Eckhardt:

    God is in die binneste van alle dinge, die wese van alle dinge. Hy is onskeibaar van alle dinge. Alles is uitdrukkings van Hom. As ons die wese van alles kan sien, sal ons God sien.

    Hierdie God is oneindig in sy eenvoud, en eenvoudig in sy oneindigheid. Hy is orals, en is orals volledig.

    In eenheid word God gevind. En hulle wat God vind word een in hulself. As die siel een word met God, besit dit in Hom alles wat iets is. Die siel vergeet van haarself, en van alles anders, en ken slegs die goddelikheid van God, vir sover God daarin woon.

    Die lig van goddelike kennis is nie tevrede totdat dit weet waar dit vandaan kom nie. Dit wil inkyk in die binneste self, in die grond van dinge, waar onveranderlikheid heers, in die bron van waar alle lewensvorme vandaan kom, in die onveranderlikheid wat lig en rede insigself het.

    Om gesend te wees, is wanneer die siel God in haarself opmerk. Slegs in die kennis van God raak sy heeltemal stil. Daar ken sy niks behalwe die wese van God nie. Haar kennis is God se kennis, en haar werke is God se werke, en haar begrip is God se begrip.

    Die hoogste trap van ontwikkeling is as ons gestroop word van ons eie vorm en deur die ewigheid van God verander word, en geheel en al vergeet van alle verganklike en tydelike lewe, en ingetrek word in die beeld van die goddelike, en God se kind word.

    Ek hoop jy het tydens die lees hiervan ’n deurtjie oopgemaak. Dan laat ek jou nou graag agter in die geselskap van jou Gas.



    Kliek hierbo vir terugvoer of om e-pos adresse deur te gee

    Bladsy geskep op 14 Feb 2000 deur Bobby Loubser