Soek SA
  
 

Altavista

Infoseek

SA Godsdiens-akademie

NT Werkgemeenskap van SA

NT Bronne

Neotestamentica

Society of Biblical Literature

Tuisblad van Bobby Loubser

Argief | Erediens-werkswinkel | Mtunzini-kerk


ORDE VAN DIE EREDIENS, MTUNZINI

(Die erediens is ’n deurlopende gesprek tussen die Here en sy kerk. Neem daaraan deel met volle aandag, leef mee met elke stap en maak dit ’n egte ontmoeting.)

OPROEP TOT AANBIDDING

1. Votum.

  • Voorganger: Laat ons die Here aanbid. [Gemeente staan op]
  • Voorganger: Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
  • Gemeente: My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
  • Voorganger: Die HERE is jou Bewaarder;
  • Gemeente: die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.
  • Voorganger: Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.
  • Gemeente: Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid. [Uit Ps 121, 1953 vertaling]

2. Seëngroet en verwelkoming.

3. Lofsang. Ps 100

VEROOTMOEDIGING

4. Die wet van God in Eksodus 20:1-17 openbaar ons sonde en onmag:

Toe het God al hierdie gebooie aangekondig: "Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.

1. "Jy mag naas My geen ander gode hê nie.

2. "Jy mag nie vir jou 'n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.

3. "Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie.

4. "Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig.

5. "Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.

6. "Jy mag nie moord pleeg nie.

7. "Jy mag nie egbreuk pleeg nie.

8. "Jy mag nie steel nie.

9. "Jy mag nie vals getuienis teen 'n ander gee nie.

10. "Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie."

5. Boetedoening. [Almal saam]:

Genadige God, ons erken dat ons teen u in woord en daad gesondig het. Ons het u nie met ons hele hart liefgehad nie; ons het nie ons naaste soos onsself liefgehad nie. Ons is opreg jammer en in nederigheid vra ons vergifnis. Bewys ons genade ter wille van u Seun Jesus Christus en vergewe ons sodat ons ons mag verbly in u wil en in u weë mag wandel, tot eer van u Naam. Amen.

6. [’n Paar oomblikke van stil belydenis]

7. Kurie eleison:

  • Voorganger: Here, wees ons genadig. Gemeente: Here, wees genadig.
  • Voorganger: Christus wees ons genadig. Gemeente: Christus wees genadig.
  • Voorganger: Here, wees ons genadig. Gemeente: Here, wees genadig.

8. Vryspraak en Retensie:

"As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely—Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid." [uit 1Joh 1:8-9]

9. Gesang [Gemeente bly sit]

Jesus Christus het gesterwe, / het verrys, verrys vir my;

het sy vrede my laat erwe / deur sy soendood, ook vir my.

Hy wat intree by die Vader, / trek my deur sy liefde nader;

in ontferming oor my lot / staan hy in my plek voor God. [Ges 253:5]

BEVESTIGING VAN GELOOF

10. Belydenis van die onfeilbare geloof van die apostels.

Voorganger: Glo jy in God?

Gemeente (staande): Ek glo in God die Vader, / die Almagtige, / die Skepper van die hemel en die aarde.

Voorganger: Glo jy in Jesus Christus?

Gemeente: Ek glo in Jesus Christus, / sy eniggebore Seun, / ons Here; / wat ontvang is van die Heilige Gees, / gebore is uit die maagd Maria; / wat gely het onder Pontius Pilatus, / gekruisig is, gesterf het en begrawe is / en ter helle neergedaal het; / wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; / wat opgevaar het na die hemel / en sit aan die regterhand van God, / die Almagtige Vader, / van waar Hy sal kom om te oordeel / die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.

Voorganger: Glo jy in die Heilige Gees?

Gemeente: Ek glo in die Heilige Gees. / Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk, / die gemeenskap van die heiliges; / die vergewing van sondes; / die opstanding van die vlees / en ’n ewige lewe.

Voorganger: Laat dit met jou gaan ooreenkomstig jou geloof.

11. Gesang:

Lof, eer sing ons voor God; /die bron van alle lewe—

die Vader, Seun en Gees, / almagtig en verhewe.

Drie-eenge God, ons roem / u krag en majesteit.

O Heer, ons wil U noem: / ons God in ewigheid! [Ges 5:3].

 

BEDIENING VAN DIE WOORD

12. Gebed.

Voorganger: Ons bid nou almal saam om opening van die Woord.

Gemeente: Almagtige God voor wie al ons harte ontbloot is, alle begeertes bekend is en voor wie geen geheim verborge is nie: Reinig die gedagtes van ons harte deur die inspirasie van u Heilige Gees, sodat ons u volkome mag liefhê, en opreg u heilige Naam kan groot maak; deur Jesus Christus ons Here. Amen.

13. Voorlesing uit die Heilige Skrif.

14. Kinderboodskap.

15. Tussensang. Ges 314

16. Verkondiging van die Woord van God.

17. Dankgebed: [Word afgesluit met woorde: En nou bid ons almal saam soos Jesus ons geleer het:…]

Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. Amen. [Mat 6:9-13]

BELANGE VAN DIE KERK

18. Liefdegawes.

19. Kerklike mededelings.

20. Slotsang. Ges 169

21. Seënbede.

Voorganger: Mag die Here met julle gaan.

Gemeente: En ook met jou.

Voorganger: Die Here sal julle seën en julle beskerm;

die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees;

die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!

[Num 6:24-26 1953 vertaling]




Bladsy geskep op 15 Feb 2000 deur Bobby Loubser