Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!
 Soek SA
  
 

Altavista

Infoseek

SA Godsdiens-akademie

NT Werkgemeenskap van SA

NT Bronne

Neotestamentica

Society of Biblical Literature

Tuisblad van Bobby Loubser

Argief | Erediens-werkswinkel | Mtunzini-kerk


 

WAAR DIE LYDINGSGESKIEDENIS BEGIN…

Genesis 3

Op elk van die ses skeppingsdae het God op sy handewerk teruggekyk en bevind dat dit goed was. Son, maan, diere mense — alles was goed. Die mense was onbevange gelukkig.

Dan begin hoofstuk 3 met ’n MAAR (in Hebreeus, soos nog in die 1953-vertaling).

"Maar die slang …"

Skielik is daar ’n wanklank in die skepping. Een van die skepsels, ’n slang, begin praat.

Dit word nie gesÍ waar hy vandaan kom nie. Hy is net daar - net soos wat Genesis 1 met die teenwoordigheid van God begin, sonder om te sÍ waar Hy vandaan kom. Hy IS net.

’n Klein drama speel hom af. Daar is vier karakters: Slang, vrou, man en Skepper.

Die slang is listiger, slimmer en meer geslepe, as al die diere van die veld — soos in alle ou kulture is slange die simbool van wysheid, kennis en profesie. Van die Egiptiese farao met ’n slang op sy kroon, tot selfs die Majas in Meksiko, word die slang as die slimste van alle diere vereer, die een wat tussen die ondergrond en bogrond beweeg, wat die geheime van donker en lig ken.

Uit die gesprek wat volg, sien ons hoe listig hierdie slang is. Hy slaan toe waar die mens op sy swakste is. Hy weet goed om nie met die mens, Adam, te praat nie. Adam het God se stem direk gehoor. Die vrou Eva sal makliker na hom luister.

En raai net waaroor wil die slang praat? Hy sÍ nie: "Hei, ek is die duiwel en ek wil graag met jou oor sonde praat nie." Hy begin met dit wat vir haar naby die hart lÍ, die woorde van God. Dis soos die bose is: hy kom (so te sÍ) met ’n Bybelteks na haar toe, ’n stuk teologie — ’n gesprek oor God: "Het God werklik gesÍ julle mag van geen boom in die tuin eet nie?"

Eva begewe haar tot ’n teologiese gesprek. Sy verduidelik God se woorde aan die slang [in ons taal: sy doen Bybelstudie met hom]: ons mag van al die bome eet behalwe van die een in die middel van die tuin. Dis duidelik dat sy ’n vroom mens is, met eerbied en ontsag. Tog gaan gaan sy ’n stappie te ver. In plaas daarvan dat sy volstaan met wat sy pas gesÍ het, en met wat die presiese woorde van God is, probeer sy God se saak sterker stel as God self, en sy voeg ’n frase by: en ons mag dit nie aanraak nie.

Dit is net waarvoor die slang wag, want in Eva se oordrywing skuil ’n swakheid, ’n stukkie twyfel. Sy sal vatbaar wees vir sy argument! "Julle sal beslis nie sterf nie," sÍ die slang. "Julle oŽ sal oopgaan en julle sal kennis soos God kry."

Wat ’n wonderlike boom waarvan die vrug jou alle kennis gee! ’n Toorboom. ’n Muti-boom wat met jou brein smokkel en jou baie slim maak. Ek het al mense hoor beweer dat daardie boom ’n groot daggaplant was. Ander: ’n kersfeesboom. En nog ander: ’n falliese simbool. Ons word nie verder ingelig nie.

Die storie vertel net dat Eva toe met nuwe oŽ na daardie boom, die boom van alle kennis, kyk— sy kyk met die slang se oŽ!

Begeerte werk so: dit werk altyd deur die oŽ van ’n derde party. Ons kan dink iets is mooi en waardevol, maar eers as ons sien hoe ander daarna kyk, dan sit dit om in begeerte. ’n Man sal ’n sportmotor sien, een wat heeltemal te duur is, maar as ander mense met begeerte daarna staar, kry dit fetisj-waarde. ’n Vrou sal ’n mooi rok in ’n winkelvenster sien, ook heeltemal te duur, maar as sy sien hoe ’n model daarmee paradeer, en al die ander met begeerte vervul, dan word ook dit ’n moet.

Passie, hartstog, begeerte word altyd opgewek deur die oog van ’n derde party. Maar dit word ook aangevuur deur ’n verbod. Dit is die "moets en moenies" wat ons begeerte so opwek dat ons onsself nie kan behelp nie.

So was dit met Eva. Toe sy eet, het die verbode vrug lekkerder geproe as enigiets anders in die wÍreld. So lekker, dat Adam ook moes proe. Skuld is te erg om alleen te dra.

Die deler is so goed soos die steler en dit veroorsaak altyd ’n kettingreaksie as die skuldiges aan die man gebring word: God soek Adam op. "Waar is jy? Wat het jy gedoen?" vra Hy. Adam antwoord: "Die vrou wat u my gegee het …" [die eerste egskeiding] Eva verskuif die skuld nog ’n entjie sywaarts: "Die slang het my mislei…" Net die slang is listig genoeg om sy mond dig toe te hou.

Die ellendes wat volg kom tot ’n klimaks in die Skepper se woorde: Die aarde is vervloek — "met swaarkry sal jy daaruit ’n bestaan maak, jou lewe lank; die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit … net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem."

Dit is dan die verhaal oor hoe die hele wÍreld in sonde en ellende gedompel is. Dit word ’n groter ramp as enige ander. Aardbewings en fratsgolwe, siklone en droogtes kan ons lewe bedreig, maar hierdie ramp was groter: dit het die menslike kenvermoŽ self aangetas. Die mens het sy onskuld verloor, hy het oor ’n grens gegaan waaroor hy nie weer kan teruggaan nie. ’n Punt van geen ommekeer.

Dis die begin van ’n lydingsgeskiedenis: die lyding van die mensdom. As ons wil weet waar kom gaskamers vandaan, BosniŽ, Richmond. Hier is die antwoord.

Ek vermoed al die lesers sit met dieselfde vrae as ek: Is dit net ’n mite, ’ n storie? Kan dit werklik al die ellende in die wÍreld verklaar? Hoe kon daar skielik ’n wanklank, van sulke afmetings, in ’n goeie skepping ontstaan? Kon God nie sy almag gebruik om die slang stil te maak nie? Hoekom moet ons vir Adam en Eva se sonde gestraf word? En watter verskriklike diskriminasie teen vroue word hier gepleeg?

Dit is egter die wonder van die verhaal, dat dit ten spyte van bespiegelings ons nog steeds kan boei. Dit beskryf dinge soos dit IS. Dit help ons om die struktuur van sonde te verstaan; hoe dit aanmekaarsit, hoe dit werk, wat daarop volg. Dit bring ’n probleem onder woorde en daag ons uit om dit te hanteer.

In hierdie lydenstyd, waar ons aan die kruis van Jesus van Nasaret dink, kry hierdie verhaal ’n besondere profiel. Waarom was daardie bloedige lyding nodig? Waarom is daar lyding? Ook in die kruisverhaal, word die ganse lyding van die mensdom opgesom. Dit is Genesis 3 se verhaal binne ’n nuwe konteks, waar ons dieselfde elemente waarneem: ? Die ongehoorsaamheid van mense. ? Die oorywerigheid van die Joodse leiers om hul wette te beskerm. ? Hul beterweterigheid en naywer. ? Die verplasing van skuld op ander. ? En die onuitspreeklikste wreedheid.

Uiteindelik plaas beide verhale ons voor die vraag van God aan Adam en Eva in die tuin: Waar is jy?

Mens, waar is jy? Wat het van jou geword? Waar kruip jy weg? Waarom is jou gesig rooi van skaamte? Waarom kyk jy my nie in die oŽ nie?

Soos wat elkeen van ons die antwoord op daardie vraag gee, kan ons onsself voorberei op volgende Sondag wanneer ons uitgenooi word na die Nagmaalstafel, waar God self die genadevrugte uitdeel wat van die boom van die lewe kom waaraan sy Seun op Golgota gehang het. Amen



Kliek hierbo vir terugvoer of om e-pos adresse deur te gee

Bladsy geskep op 14 Feb 2000 deur Bobby Loubser