Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!
 Soek SA
  
 

Altavista

Infoseek

SA Godsdiens-akademie

NT Werkgemeenskap van SA

NT Bronne

Neotestamentica

Society of Biblical Literature

Tuisblad van Bobby Loubser

Argief | Erediens-werkswinkel | Mtunzini-kerk


Geloof

Skriflesing: Gen 11:31-12:9, Hebr. 10:23-11:1-2; 8-17.

Gen 11:31-12:8 Tera het sy seun Abram geneem en ook sy kleinseun Lot seun van Haran, en sy skoondogter Sarai die vrou van sy seun Abram, en saam met hulle uit Ur van die GaldeŽrs weggetrek om na Kanašn toe te gaan. Maar hulle het net tot by Haran getrek en in diť stad gaan woon. …Die Here het vir Abram gesÍ: "Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. Ek sal jou 'n groot nasie maak, Ek sal jou seŽn en jou 'n man van groot betekenis maak, en jy moet tot 'n seŽn wees. Ek sal seŽn wie jou seŽn, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseŽn wees." Abram het toe weggetrek, gehoorsaam aan die woord van die Here, en Lot het saam met hom getrek. Abram was vyf en sewentig toe hy uit Haran weggetrek het. Hy het sy vrou Sarai en sy broerskind Lot en al die besittings wat hulle bymekaargemaak het en al die slawe wat hulle in Haran aangeskaf het, saamgevat en hulle het weggetrek na Kanašn toe. Nadat hulle in Kanašn aangekom het, het Abram deur die land getrek tot by Sigem se aanbiddingsplek by die groot waarsÍersboom. In daardie tyd het die Kanašniete die land bewoon. Toe het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesÍ: "Aan jou nageslag gee Ek hierdie land." Abram het daar 'n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het. Van daar af het Abram verder getrek na die bergwÍreld toe, oos van Bet-El, waar hy tent opgeslaan het met Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy 'n altaar vir die Here gebou en die Naam van die Here aangeroep.

Twee waarnemings

’n Paar weke gelede het ek die voorreg gehad om St. Petersburg in Rusland te besoek. Die mooiste gebou in die stad is die St. Isak-katedraal met sy goue koepel wat van oral gesien kan word. Toe die kommunisme die kerke verwoes het, het hulle hierdie een gespaar maar dit in ’n museum vir ateÔsme verander. Binne die kerk het hulle ’n yslike pendulum aangebring as ’n eksperiment om te bewys dat die aarde rond is, en dat godsdiens, volgens hulle logika, vals is.

Ons was skaars terug toe begin die abnormaliteit van ons lewe hier in Afrika my tref. Die geweld, die roekeloosheid, die armoede en die rykdom. ’n Vriend sÍ ’n mens het baie geloof nodig om hier te lewe en dat dit net geloof is wat hom in hierdie land hou. Die rede? Daar was die vorige week ses voorvalle van gewapende roof op mense in sy onderneming wat geld vervoer. As hy nie geglo het nie, het hy liewer ’n heenkome in die buiteland gaan soek.

Hierdie twee waarnemings, die katedraal en die gewapende oorvalle, het die onderwerp van geloof onder my aandag gebring. Dis dan waaroor hierdie oordenking gaan.

Geloof in fokus

Geloof is een van die magtigste, maar ook gevaarlikste dinge waaroor die mens beskik. Dis iets wat altyd weer deur mense misbruik word om hul eie dade te regverdig, of om hulself of ander te mislei. Geloof is dikwels die verskoning waarom mense hulle koppe soos volstruise in die sand steek. Dit kan die verskoning wees vir blinde vooroordeel en uiteindelik vir die dood van onskuldiges, maar soms is dit ook die dryfkrag agter die grootste heldedade. Daarom is dit belangrik om presies te weet wat geloof is.

Abraham

Sedert Bybelse tye was Abraham die uitnemendste voorbeeld van ware geloof. Volgens Genesis 12 het God in die stad Haran met hom gepraat en aan hom ’n belofte gemaak. Dit was ’n hemelhoŽ belofte en dit het die grootste eis aan hom gestel.

Dit was ’n hemelhoŽ belofte.

Die hele aarde was in krisis. Daarvan vertel die eerste elf hoofstukke van Genesis. Sedert Adam en Eva se ongehoorsaamheid het die sonde soos ’n kanker in elke faset van die skepping ingetrek: in die huwelik, gesin, familie, volkerewÍreld, natuur. Die skepping het deur en deur verdorwe geraak. Al God se pogings het misluk. Die mens het elke kans verbeur om iets positiefs met sy lewe te doen. Die belofte aan Abraham in Genesis 12 was God se finale plan om die mensdom te red. Hy sÍ vir Abraham: Ek sal jou help. In jou begin ek ’n nuwe volk en gee ek die skepping ’n laaste kans.

Dit was ’n eis wat alles gevra het.

Abraham moes net aan die belofte vashou, maar dit het alles van hom gevra. Die eerste eis was dat hy uit die stad moes trek. Daardie stad was ’n stad waar baie afgode aanbid is, maar dit sou hom iets kos want dit was die sentrum van die beskaafde wÍreld van daardie tyd, geleŽ in die vrugbare vlakte tussen die twee riviere, die Tigris en die Eufraat, daar waar die toring van Babel geleŽ was.

Om weg te trek, het gehoorsaamheid, vertroue en geduld vereis. Abraham moes God blindelings en sonder teŽpraat gehoorsaam en van die bekende dinge af wegtrek die onbekende in.

Verbeel jou God vra van jou om alles hier te los en na ’n nuwe land te trek?

In die brief aan die HebreŽrs word verduidelik wat die trek van Abraham meegebring het. Dit het hom en sy nageslag vreemdelinge gemaak in ’n vreemde land. Abraham, en ook Isak en Jakob, het as vreemdelinge, in tente, dit wil sÍ tydelik, in die beloofde land gewoon (9). Dit het aangedui dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is (13 – vgl. Gen. 23:4; 47:9) en dat hulle op soek en op pad is na ’n eie vaderland. Hulle geloof het van hulle vreemdelinge op aarde gemaak (vgl. ook 1 Pet. 1:1).

Wat is dan geloof?

Abraham se trek in die onbekende in om die res van sy lewe as vreemdeling en bywoner deur te bring, raak uiteindelik ’n metafoor, ’n oertipe, ’n voor-beeld, vir geloof in die NT.

Hebr 11:1 sÍ Geloof is "om seker te wees" van die dinge wat ons nie sien nie. Die woord (in Grieks) vir "seker wees" beteken eintlik "om ’n fondament, of grondslag te hÍ" (vgl 1:3 en 3:14). Ons kan dus ook sÍ: Geloof is die grondslag van die dinge wat ons hoop.

Verder beteken die woord vir geloof (in die Hebreeus) "om vas te staan". Geloof is dus soos ’n gebou wat stewig rus op ’n vaste fondament. Daar is by die skrywer die gedagte dat die geloof ’n vaste basis het. Daardie vaste basis is die beloftes van God. Die skrywer van HebreŽrs sÍ dat Abraham nie so dom was om God se beloftes letterlik op te neem nie. God het hom ’n nageslag en ’n vaderland beloof. Goed. Maar Abraham het meer daar onder verstaan as net aardse en vleeslike dinge. Dit is duidelik dat Abraham en sy nasate nie op soek was na ’n aardse vaderland nie, want dan kon hulle mos teruggekeer het na die vaderland waaruit hulle weggetrek het (HebreŽrs 11:15). Die permanente tuiste waarna hulle op soek was, is die hemelse wat God vir hulle gereed gemaak het, die stad wat vaste fondamente het (10,16). Dit is die geheim van Abraham se geloof wat (i) vir hom blydskap gebring het, (ii) geregtigheid en (iii) volharding en uiteindelike sukses.

1. Geloof bring blydskap.

Hoewel die skrywer dit nie hier uitdruklik sÍ nie, het Abraham elke aardse tuiste en vaderland gesien as slegs ’n tydelike voorafskaduwing van die permanente, ewige, hemelse tuiste. Omdat hierdie mense na hierdie hemelse stad uitgesien het, kon hulle insien dat die belofte van die beloofde land nie op aarde vervul sou word nie maar in die hemel. Omdat hulle nie aardsgesind en aardsgebonde was nie kon hulle die dood ingaan sonder om hulle geloof oorboord te gooi. Deur hulle geloof het hulle die vervulling van die belofte uit die verte gesien en daaroor gejuig. Deur hulle geloof het hulle geweet dat die belofte nŠ die dood vervul sou word.

2. God bring vrymoedigheid

Was Abraham nie ook maar ’n sondige mens met gebreke en soms kleingelowig nie? Ja, hy was, en tog het ook God gunstig van hom getuig. VanweŽ sy geloof het God self met lof van hom getuig toe Hy Homself, sonder om daaroor terughoudend te wees, sy God genoem het (16 – vgl. Gen. 28:13; Eks. 3:6). As God Homself jou God noem, spreek dit boekdele vir die geloof waarmee jy aan God verbind is.

Die geloof van Abraham kan ook ingeroep word as getuienis, want dit word duidelik in Gen. 15:6 gesÍ dat hy in die Here geglo het en dit is Hom tot geregtigheid gereken (vgl ook Neh. 9:7 vv.). Let daarop dat die belofte van die beŽrwing van Kanašn nie by sy roeping in MesopotamiŽ gegee is nie. Eers later sou hy hierdie belofte ontvang (Gen. 13: 14 vv.). Hy is geroep om as’t ware na die groot onbekende te trek. Nogtans gehoorsaam hy God. Die belofte was dus nie die oorsaak van sy trek nie, maar die beloning vir sy gehoorsaamheid. Abraham was gehoorsaam aan die roepstem van God.

3. Geloof bring volharding en uiteindelike vervulling

Hebr 11:9 beklemtoon die volharding van Abraham in die geloof. Toe hy uiteindelik in Palestina aankom, het hy nog nie die land beŽrwe nie, maar daar as ’n gas, ’n vreemdeling vertoef. Hy het ’n nomadiese bestaan in tente gevoer wat aantoon dat hy nog nie vaste besit van die grond verkry het nie. Die belofte van die beŽrwing van die beloofde land het eers later gekom, soos ons gesien het. Toe hy die belofte ontvang het, het hy deur die geloof egter volhard om te glo in die belofte van God. Hierdie volharding het ook oorgegaan op sy seun Isak en op sy kleinseun Jakob. Ons word opgeroep om te volhard in die geloof sodat die belofte ook ten opsigte van ons werklikheid kan word (vgl verklaring by 10:36).

Daar is dinge wat alleen waar word as iemand werklik glo. Deur so vas te glo, het Abraham God se beloftes waar gemaak, die onsienlike sienbaar gemaak. Abraham kon dit doen alleen omdat hy God op sy woord geneem het. Hier het Abraham se geloof na vore getree as geloof in die onmoontlike, as geloof teen alle verwagting in, omdat hy geglo het dat God die onmoontlike moontlik kan maak, met wÍreldveranderende gevolge.

Vandag leef ons in ’n wÍreld waar meer as die helfte van almal op die planeet deur die geloof van Abraham geseŽn is (56%). Uit hom het vyf groot godsdienste voortgekom: JudaÔsme, Christendom, Islam, Baha’i en Sikhisme.

Toekoms in Jesus

Die geloof en vertroue van Abraham op die belofte het ’n dubbele vervullingsaspek. Hy het volhard in die geloof in die wete dat God Kanašn aan Israel, sy nageslag, sal gee. Maar sy oog het ook veel verder gesien: hy het die stad van God in die verte gesien, die stad wat deur God self gebou en opgerig is en waarvan die aardse alleen maar ’n skadubeeld is. Abraham kan dus tereg vader van die gelowiges genoem word, want hy het bly glo en hoop totdat hy gesterf het. Die feit dat hy die stad van God verwag het, toon aan dat hy as gelowige alreeds die volle glorie, wat uiteindelik deel gaan word van die gelowiges in Christus, aanskou het. Hier is daar dus direk sprake van die hemelse Jerusalem, die stad van vrede wat alreeds in Hebr. 7:2 genoem is (vgl 12:22; Openb. 21). Vir Nuwe-Testamentiese "gelowiges" beteken Abraham se geloof drie dinge:

  1. Verstaan die beloftes van God in Jesus Christus. Hy beloof vir ons heil na siel en ligaam, as enkelinge en gemeenskap.
  2. Vertrou God om dit waar te maak. Ons het die woord en sakramente, die Gees en die gemeenskap van die gelowiges om ons aan te moedig.
  3. Volhard en verbly jouself in die vervulling van die beloftes wat jy al in die verte kan sien.

Habbakuk 3:17-19 Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos diť van 'n ribbok, op hoŽ plekke laat Hy my veilig loop.



Kliek hierbo vir terugvoer of om e-pos adresse deur te gee

Bladsy geskep op 14 Feb 2000 deur Bobby Loubser