Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!
 Soek SA
  
 

Altavista

Infoseek

SA Godsdiens-akademie

NT Werkgemeenskap van SA

NT Bronne

Neotestamentica

Society of Biblical Literature

Tuisblad van Bobby Loubser

PastorsNet

Welkom! Vandag is
Teken asb. Besoekersboek Bekyk Besoekersboek

Erediens-werkwinkel | Mtunzini-wyksgemeente | 'n Kort Gedagte vir die Dag

"DIE KONING SE NUWE VROU"

Markus 6:17-29 / Mt 3:1-6; 14:1-13 / Ester 1:1-12

Daar is al baie films van gemaak. Oscar Wilde het in 1893 ’n toneelstuk daaroor geskryf. Dit is die verhaal van ’n koning wat nie die druk van medemense kan weerstaan nie. Dis die verhaal van ’n profeet met onwrikbare toewyding. Dis ’n verhaal van onverbiddelike konflik—’n tragedie wat uiteindelik die voorspel raak tot die grootste verhaal wat ooit vertel is.

Dit was ander tye met ander gebruike. Vandag doen politici meningspeilings om beleid te bepaal. Destyds het hulle nie nodig gehad om na die publiek te luister nie, behalwe as hulle magsposisie deur oproeriges in gevaar gestel word. Aan die stuur was Herodes Antipas, seun van Herodes die Grote wat die tempel herbou en die kinders laat ombring het. Omdat hy net ’n kwart van sy pa se koninkryk gerf het, het Herodes Antipas met die dogter van die koning van die Nabaters getrou om sy alliansies te versterk. Hy het getrou op grond van politieke druk wat op hom uitgeoefen was. Nog ’n maal gee hy toe aan druk. Hierdie keer van Herodias, sy broer se vrou, wat besluit het Herodes is net die man vir haar. Herodes Antipas maak toe die gewone mense baie kwaad deur van sy eerste vrou te skei met die vrou van sy broer te trou. Voortaan sou hy na haar luister mr as na sy eie gewete of na sy onderdane.

Niemand het egter iets ges nie. Almal het saamgespeel asof alles in orde was. In hierdie geval was dit nie "die koning se nuwe klere" nie, maar die koning se nuwe vrou, waarmee die volk saamgespeel het. Niemand het iets ges nie, en die koning het homself geprys omdat hy so bemind was by die volk.

Toe ’n profeet in die woestyn begin preek: "Bekeer julle want die koninkryk van die hemel het naby gekom!", moes Herodes alreeds begin onraad merk. Profete was nie so algemeen dat die koning hulle buite rekening kon laat nie. Hierdie profeet was ’n merkwaardige karakter. Sy kos en kleredrag het ges hy is iemand wat ernstig opgeneem moet word. Hy het net wilde heuning en sprinkane geet. Volgens die geskiedskrywer Josefus het hy nie eens brood geet nie. Hy het ’n growwe kleed van kameelhaar gedra, en dag vir dag voortgegaan met sy profesie in die bar woestyn, naby die plek waar die Jordaanrivier suid in die Dooie See loop.

Johannes se boodskap was nie so onskuldig soos dit mag klink nie. Daar was ’n gevaarlike angel in wat Herodes kon bykom. Die plek waar Johannes gepreek het, was naby die plek waar Josua meer as ’n duisend jaar gelede die Israeliete die Beloofde Land binnegelei het: die plek het ’n nuwe begin, bevryding, gesimboliseer. Dit was ook die inhoud van die boodskap: God gaan ’n nuwe regering aan bewind plaas. ’n Nuwe koning gaan gesalf word, ’n nuwe messias—dis wat gesalfde beteken—is in aantog. Die belydenis van sonde en die terugkeer na die Wet, bevestig deur die bad van die doop, was die nodige voorbereiding vir hierdie reiniging van die land.

Daarby het Johannes dinge ges wat die wenkbroue laat lig: Die Messias is op pad. Die oordeel is aan die kom. Die byl is aan die wortel, en die boom is gereed om uitgekap te word. Die kaf gaan van die koring geskei word. Hy het die volksleiers, die Saddusers en Farisers, slange genoem. Maar die ding wat die koning die meeste sou ontstel, was dat Johannes sy huwelik gekritiseer het. Konings se verhoudings was politieke eiendom; en Herodes s’n meer so as ander. Voorheen het die volk sy ruil van die een vrou vir ’n ander nie goed geneem nie, maar niks ges nie.

Wat Herodes nou veral moes ontstel, was dat die volk na Johannes toe gestroom het om sy boodskap te hoor. Sy boodskap is uitgedra oor die lengte en breedte van die land. Mense het skielik begin vrae vra oor Herodes wat hulle voorheen te versigtig was om te doen. ’n Mens kan jou die skok voorstel elke keer as Mevrou Herodias op straat verskyn en mense kyk anderpad. Die applous langs die strate het verstil as die koning se draagbaar verbygaan. Jy kan jou voorstel hoe Herodias snikkend van woede tuiskom in die paleis en sweer sy sal die hele volk laat uitroei omdat hulle nie respek vir hulle koning het nie.

Herodes gee nog ’n maal toe aan publieke druk: Hy laat Johannes vang en gooi hom in die gevangenis. Maar, soos die geval met alle swakkelinge, ervaar hy ’n vreemde aangetrokkenheid tot die profeet. Dit was nog nie die einde van die druk wat op Herodes uitgeoefen sou word nie!

Het jy al sulke druk ervaar? ’n Leraar, Lloyd Ogilve, berig die antwoorde van mense wat hy gevra het of hulle al ooit so onder druk was.

  • ’n Vrou s: Ek is onder geweldige druk van my seun. Niks wat ek s kan hom bevredig nie.
  • ’n Jongman s: My ouers het sulke ho ideale vir my. Die druk waaronder hulle my plaas. is ondraaglik.
  • ’n Meisie op universiteit s: My krel wil h dat ek saam met hom woon voordat ons getroud is. Ek weet nie hoe om die druk te hanteer nie.
  • ’n Man s: My vrou is nooit tevrede nie. Maak nie saak hoeveel geld ek maak nie, dit is nooit genoeg nie. Lewe saam met haar is soos om in ’n drukkoker te wees, met die deksel styf opgeskroef.
  • ’n Vrou s: My suster dink sy het al die antwoord op die lewe en druk my om ’n Christin soos sy te word.
  • ’n Sekretaresse, wat na haar telefoon wys: Daardie ding maak my gek. Aan die ander kant van die gehoorstuk is mense wat eise stel asof hulle die enigste op aarde is.

Al hierdie mense het een ding gemeen: Hulle word onder druk geplaas deur ander mense. Ons almal ervaar die een of ander tyd druk van ander mense. Hoe sal dit my oordeel benvloed? Dis al klaar moeilik genoeg om die regte ding te doen in gunstige omstandighede, maar as jy onder druk verkeer, sal jy dit nog kan doen?

Dis die tipe druk wat Herodes moes hanteer. Dag vir dag raak hy al meer bewus dat Herodias vir Johannes die Doper wil dood h. Hy weerstaan hierdie druk. Hy laat die profeet nie net lewe nie, maar besoek hom selfs in die gevangenis en luister na sy boodskap. "Merkwaardig is die werking van Gods Woord deur die mond van die regverdige, toegewyde getuie: dit bestraf die sonde en wek daardeur die haat en onguns van die sondaar, maar dit laat die sondaar nie los nie" (Groenewald, Evangelie volgens Markus).

Dan gee Herodes ’n banket. Soos alle swakkelinge is hy angstig om mense te behaag. Hy is "too eager to please" nes baie grootmense en tieners wat ons ken.

Die hoogtepunt van die banket is die debuut-dans van sy verleidelike stiefdogter Salome, skaars 15 jaar oud. In die opera, Salome, van Richard Strauss (1905) dans sy die verleidelike "Dans van die Sewe Sluiers" waarvan ons niks in die Bybel lees nie. Van haar het ons die beeld van ’n bedorwe paleisdogter, wat haar ma se listigheid en sluheid nie net oorgerf het nie, maar tot ’n nuwe hoogtepunt voer. By haar ma het sy gesien wat werk om ’n koninkryk aan haar voete te kry.

Herodes raak so in vervoering deur haar dans dat hy haar enigiets tot helfte van sy koninkryk belowe. Sy sou haar ma kon opvolg! (In Ester 5:3 maak die Persiese koning Ahasveros dieselfde belofte aan die skone Ester). Uit die woordorde in Grieks blyk dat sy moes ges het: "Ek verlang dat U my onmiddellik op ’n skottel moet gee die hoof van Johannes die Doper." Die volle betekenis van die eis word eers bekend wanneer die naam aan die end genoem word (Groenewald, Evangelie volgens Markus).

Sy verras deur die kop van Johannes die Doper te vra (op moeder se advies—wat ons leer om nooit die uitruil van inligting tussen moeders en dogters onderskat nie!). Die koning het geweet dis verkeerd, maar hy het voor almal belowe. Nie net Salome se verleidelike o nie, maar die van haar verraderlike ma Herodias, en die van al die geamuseerde gaste is op die koning gevestig. Hy kan die druk nie weerstaan nie. Hy stuur die laksman wat die kop van die profeet in ’n silwerskottel aan Salome besorg. ’n Paar jaar later sou ook Salome die koning se nuwe vrou word (Groenewald s so, maar ek is nie seker of dit korrek is nie).

Dis dan die bre verhaal soos die NT dit vertel. Dit is ook ’n verhaal wat hom elke dag opnuut afspeel. Van mense met belangrike opdragte, wat nie die regte ding kan doen nie omdat die druk te veel raak. Hulle laat toe dat hulle uit hulle gewete uit gemanipuleer word.

Die verhaal gaan egter nie net oor die lis van Herodias en die lamsakkigheid van Herodes nie. Eintlik dra hulle niks by tot ons kennis van die menslike natuur nie. Sulke mense kan jy agter elke bos uitskop, maar waar kry ons iemand soos Johannes die Doper? By hom kan ons leer oor toewyding en volharding. By hom leer ons wat dit kos om ’n profeet te wees.

Hy kon seker die skrif aan die muur sien lank voordat hy in hegtenis geneem word. Hy moes dikwels voor die keuse staan om voort te gaan met sy striemende verdoemings, of om meer "liberaal" te raak. Maar hy was soos ’n vulkaan wat homself nie kon uitwoed nie. Die Joodse geskiedskrywer Josefus s vir ons hy het een ding in sy lewe voor o gehad en dit was om die ware kleur van boosheid aan die kaak te stel (The Jewish War, Penguin Classics 1959:398).

Soms is dit nodig dat ons ’n standpunt inneem, kom wat wil. Dis nie die gewilde ding om te doen nie. En die dinge waaroor ons dikwels so onversetlik is, is dinge wat ons eiebelang maar al te goed dien. Maar daar is dinge waarop ons wat vandag die verhaal hoor net so sterk soos Johannes moet staan. Dit is die reg van ons medemens. Die vryheid van geloof en spraak. Die liefde tot die naaste. En ons moet ons koppe in skaamte laat sak. Daar was tye in ons verlede wat ons nie aan die kant van Johannes was nie, maar aan die anderkant, di van Herodes, Herodias en Salome. Daar was tye wat ons die kop van die profete geis het. Twee voorbeelde:

  • Voor die Tweede Wreldoorlog, toe die publieke druk in Duitsland teen die Jode begin oplaai het, het die meeste kerke skaam geword vir hul Joods-Christelike lidmate, en besluit dat hulle liewer hul eie kerk moet stig.
  • Toe die rassegevoel baie skerp in ons kerk gevoel is, het ons vir meer as ’n eeu toegegee aan publiek druk en lustig meegedoen om swartmense weg te wys selfs van begrafnisse in ons kerk, totdat ons Sinode eers in 1986 ges het: genoeg is genoeg.

Dit was die tyd toe ons self meegedoen het om die kop van Johannes die Doper op ’n silwerskottel te bestel!

Johannes was nie ’n Christen nie en sy doop nie ’n Christelike doop nie, maar in die Johannes-evangelie word hy uitgebeeld as ’n model vir elke Christen. As iemand wat onwrikbaar by die waarheid staan, iemand wat tot die einde op God hoop om sy beloftes waar te maak, iemand wat nie die eer vir homself opeis nie, maar steeds die vinger na Jesus kan wys en s: "Daar is die Lam van God. Ekself is nie werd om sy sandaalveters op te bind nie."

Tog het Johannes ’n unieke plek in die Koninkryk verwerf. Sy verhaal, sy tragedie, het in al die evangelies wat ons het, die voorwoord geword tot die grootste verhaal wat ooit vertel is: Van Jesus, die timmermanseun van Nasaret, wat die Verlosser van die Wreld geword het. As verlosser en voorbeeld het Hy nie een oomblik afgewyk van sy "commitment" om die liefde van God aan ons te bedien nie.

Dit gaan oor toewyding, oor "commitment". Die feit dat jy hierdie boodskap lees, is waarskynlik reeds ’n teken dat jy so ’n toewyding gemaak het. Mag jy die krag kry om soos die Doper daarmee vol te hou.

Van dr. Martin Luther King jr. het ons ’n kragtige stelling oor commitment. Hy s: "As jy nie iets het waaroor jy so sterk voel dat jy bereid is om daarvoor te sterf nie, het jy nie die reg om te lewe nie."

  • Mtunzini, 16 Julie 2000

    J A Loubser


  • LEES GOU 'N SERMOEN

    nuut Die koning se nuwe vrou Markus 6:17-29 28/09/2000
      Can people do the work of God? Gasprediker: Vernon Robbins, Emory University, Atlanta Matthew 20:1-6 13/8/2000
      Die geheim van Josef se trane Gen 44 16/7/2000
      Die regte plek om te wees Joh 15:1-8 28/5/2000
      Vreemde ontmoeting onderweg na Emmaus Luk 24:13v. 7/5/2000
      Pilatus se Freudiaanse glips Joh 19:5 9/4/2000
      Laat jou perdebrein tem Matt 26:55-70; 1Joh 4:17-18 26/3/2000
      'n Jakkals prys sy eie stert 2 Kor 3:1-6 27/2/2000
      Ligsinnig, maar volgens wie se maatstaf? 2 Kor 1:12-24 13/02/20000
      Jesus se derde opsie Mt 5:39-48 11/10/1989
      Die redding van ons siele Op 3:14-22 08/11/1989
      Wees fluks! Spr 6:6-19 Gen1:26-28. 29/7/1999
      Geloof Gen 11:31-, Hebr 10:23- 13/09/199
      Waar die lydensgeskiedenis begin Gen 3 20/02/199
      Maak 'n knoop in jou das 1 Joh 2:24-29 02/05/1999
      Nuwe mense vir 'n nuwe wreld Klaagl 5, Op 3:1-3 04/07/1999
      Loon: toekoms-kapitaal 1 Kor 9 26/09/1999
    Jezus in het Midden, preek in Nederlands deur Ds J. H. Neethling Joh 19:18 voor 1904

    Stuur jou naam vir 'n preek af en toe:



    Soek: Gee sleutelwoorde...

    Amazon.com logo



    Bladsy geskep op 16 Feb 2000 deur Bobby Loubser