Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!
 Soek SA
  
 

Altavista

Infoseek

SA Godsdiens-akademie

NT Werkgemeenskap van SA

NT Bronne

Neotestamentica

Society of Biblical Literature

Tuisblad van Bobby Loubser

Argief | Erediens-werkswinkel | Mtunzini-kerk


NAGMAALSPREEK: MTUNZINI 11/10/98

Jesus se derde opsie

Geweld, diefstal en moord. Oral om ons is daar kwaadwilligheid. Dit wat baie ander mense in ons land al lank deurmaak, tref ook nou ons deel van die gemeenskap. Hier is vanoggend skaars iemand in ons kerk wat nie al sleg deurgeloop het nie. Ons is die oorlewendes, maar wie weet vir hoe lank?

Tog s Jesus ook vir ons:

Julle moet julle nie teen ’n kwaadwillige mens verset nie.

  • As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.
  • As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere.
  • As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer.

Kom ons kyk eers na hierdie beginsel wat Jesus neerl: Julle moet julle nie teen ’n kwaadwillige mens verset nie. In die ou vertaling lui dit: weerstaan nie die bose nie. Dit is nogal ’n belangrike stelling, want dit bepaal hoe ’n mens die volgende drie toepassings van daardie beginsel verstaan.

Ek mag verkeerd wees, maar ek vermoed dat ek nie die enigste hier is wat probleme met hierdie stelling het nie. Weerstaan nie die bose nie, klink asof Jesus mense aanraai om passief te wees, om maar altyd die minste te wees.

  • As iemand jou slaan, moenie terug slaan nie.
  • Gee liewer alles wat jy het as om in die hof te beland.
  • As iemand jou dwing, doen wat hy s.

Dit klink nie of dit sal werk as iemand ’n pistool teen jou kop hou en s jy moet uit jou motor klim nie. Ons kan ook vra: Watter hoop gee dit aan kinders wat gemolesteer word?

Watter raad is dit aan vroue wat deur hul mans as vloerlappe gebruik word?

En wat moet die armes en onderdruktes doen as hulle besteel en verslaaf word deur ’n gewetenlose owerheid?

Die nuwe vertaling, wat lui: Moet jou nie teen ’n kwaadwillige mens verset nie, klink nie juis beter nie.

Dit lyk asof Karl Marx gelyk gehad het toe hy ges het dat godsdiens die opium van die massas is, ’n verdowingsmiddel wat deur die sterkes gebruik word om die swakkes te onderdruk.

Gelukkig het ons nog mense wat die NT in sy oorspronklike taal lees, en iets nuuts daar uit kan haal. In die Grieks staan daar me anthistenai. Goed, dit kan vertaal word as: moenie teenstaan nie. Maar die voorvoegsel anti, s vir ons nog iets. Dit impliseer ’n eweredigheid. Anders gestel: dit impliseer dat die teenstand nie gelyk moet wees aan die geweld wat jou aangedoen word nie. Ek weet dit klink baie tegnies, maar dit beteken dat daar ’n beter vertaling moontlik is, naamlik: Moenie ’n slegte mens in gelyke munt terugbetaal nie. Dit is tog iets anders as om bloot passief te wees. In die Lewende Bybel staan: Moenie op ’n slegte mens wraak neem nie. Soos ons sal sien, pas hierdie vertaling baie beter in by die res van wat Jesus te leer het.

Nou waarom is dit dan in die eerste plek so verkeerd vertaal? Daar is ’n goeie rede hiervoor. ’n Mens moet vra wat was die belang van die ou vertalers? Het hulle net die fyner aksent misgelees? Daardie vertaling is egter nie so onskuldig soos dit lyk nie. Ons huidige vertaling gaan terug op die ou Hollandse vertaling. Dus moet ons vra: Wie het die opdrag gegee om ons ou Hollandse Bybel, die Statebybel, te vertaal? Dit was niemand anders as die State-Generaal, die destydse regering van Nederland nie. Dieselfde geld vir die ou Engelse Bybel, die King James Version, wat deur koning Jakobus van Engeland gelas is. Daar word dit vertaal: Do not resist evil. Beide die Hollandse en die Engelse vertalers wou graag ’n goeie indruk by die owerheid laat en onderdanigheid toon. Vandaar die vertaling: moenie die bose weerstaan nie. Dit het natuurlik ook goed ingepas by die posisie van Afrikaanse lesers in die ou bedeling waar ons ’n belang daarby gehad het dat mense onderdanig aan die owerheid moes wees.

Maar, soos ek ges het, dit beteken eerder: Moenie ’n slegte mens in gelyke munt terugbetaal nie. Wat Jesus daarmee bedoel, word in die volgende drie stellings nader toegelig.

1. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.

Om hierdie woord van Jesus te verstaan moet ons fyn oplet. Waarom die regterwang? Hoe sal jy iemand op die regterwang slaan? Gewoonlik slaan ’n mens met die regterhand, maar dan is dit die ander ou se linkerwang wat eerste in die pad is! Wat Jesus hier in gedagte het, is nie ’n vuishou nie, maar ’n klap met die agterkant van die hand, die berugte rughandhou! En wie word gewoonlik so in die mond geklap? Astrante slawe en tieners. Neulende vroumense. Dis die sterkes wat swakkes so klap — nie in die eerste plek om hulle te beseer nie, maar om hulle op hul plek te sit en te verneder.

Nou moet julle jul voorstel wat gebeur as iemand wat so verneder word die ander wang draai en s: ''Slaan weer!' Dink ’n bietjie: die een wat geslaan het, het nie nog ’n hand oor om mee te slaan nie. Veral nie in die wreld waarin Jesus geleef het nie. Gebruik van die linkerhand was taboe. Die Joodse wet het mense beboet wat hul linkerhande gebruik het om gebare te maak.

Met ander woorde, deur die ander wang te draai, word die bordjies verhang. Die poging om te verneder werk nie, en die geweldenaar word beskaam.

2. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere.

Ook hier moet ons fyn oplet. In Jesus se tyd het mense lang klere gedra. Broeke en hemde is eers baie later uitgevind. Gewoonlik was die bokleed waardevol en slegs aangetrek soos wanneer mense vandag pakke aantrek. As iemand nie sy skuld kon betaal nie, kon die hof hom gelas om van sy klere in te boet. Nou s Jesus: as iemand een stuk van jou klere vat, gee hom die res ook. En die gevolg? Daar staan die man poedelnakend, miskien darem met ’n deurtrekkertjie aan.

As ons in ag neem dat naaktheid ’n verskriklike skande was in die ou Palestina, en dat dit nie die persoon wat kaal is nie, maar die persoon wat die naaktheid aanskou wat onrein geword het, dan verstaan ’n mens presies wat Jesus bedoel. Gee hom ook jou boklere, beteken: maak jou skuldeiser so skaam dat hy nie weet waar om te kyk nie!!!

3. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer.

In die tyd van Jesus was Palestina onder Romeinse besetting, en die oproerige Jode is in toom gehou deur geharde soldate van die Italiaanse regiment wat te voet van plek tot plek moes marsjeer. Hulle rugsakke het tussen dertig en veertig kilogram geweeg. Volgens die wet van die veroweraar het enige soldaat die reg gehad om enige Jood wat hy langs die pad sien, op te kommandeer om sy pakkasie ’n duisend tre ver te dra. As dit met jou gebeur, s Jesus, bied aan om dit nog ’n tweede kilometer te dra.

Verbeel jou net die verbasing van die soldaat as ’n Jood sou aanbied om dit te doen! Wat voer hy in die mou? Daar is sekerlik ’n slang in die gras, dink die soldaat terwyl hy oor sy skouer loer vir sluipmoordenaars. Weer eens word die bordjies verhang. Soos in die vorige gevalle bereik die een wat die ander myl saamgaan, iets heeltemal onverwags.

Presies hoe werk die dinamiek wat hier op die spel is?

In elk van die drie gevalle het ons te doen met ’n sterke wat sy mag oor ’n ondergeskikte misbruik. En in elke geval tree die ondergeskikte heeltemal onverwags en kreatief op. Elke keer word die sterke beskaam, en wel op so ’n manier dat die bordjies skielik verhang word. Die vernedering wat vir die ander beplan is, word skielik op homself teruggegooi. Hy is nou die magtelose, wat besef dat sy mag en status hom niks help nie. Hy word gereduseer word ’n gelyke. Hy word gedwing om sy onderdaan in die oog te kyk en hom skielik as ’n mens te sien.

Nou kan ons verstaan wat Jesus bedoel as hy s ons moenie ’n slegte mens in gelyke munt terugbetaal nie. Wanneer ’n slegte mens geweld teenoor ons gebruik, het ons gewoonlik net een van twee opsies: veg of vlug. In ’n posisie waar die geweldenaar die mag in sy hande het, help dit nie om te veg nie. En as ons vlug, dan bevestig ons maar net dat ons sy mindere is. Maar Jesus gee ons ’n derde opsie: ontwapen die ander deur hom te beskaam.

Natuurlik het Jesus nie bedoel dat ons sy drie voorbeelde tot nuwe verbeeldinglose wette moet verhef nie. Hy bedoel dat sy volgelinge moet leer om kreatief te wees in elke situasie.

Wat bereik ’n mens deur Jesus se derde opsie te volg.

  • Jy gee nie in vir ’n geweldenaar nie.
  • Jy neem die inisiatief sonder om self geweld te gebruik.
  • Jy eis die morele ho grond op.
  • Jy dwing hom om jou as mens te dien.
  • Jy wek sy skaamgevoel op. Jy prik sy gewete wat nie sal ophou om hom te pla nie.

Hierdie is ’n konstruktiewe en transformerende manier van optrede. Daar is net een voorvereiste: ’n mens moet jou naaste, ook die geweldenaar, liefh soos jouself, en jy moenie iets aan hom doen wat jy nie wil h dat iemand anders aan jou terug doen nie.

Walter Wink, ’n NT-geleerde by wie ek hierdie uitleg gekry het, was in die tagtigerjare in SA, en het ’n debat met die ANC begin waarin hy geargumenteer het dat as hulle hierdie geweldlose strategie gebruik het, hulle hul struggle lankal sou gewen het. In hierdie tyd van geweld en konflik, waar die versoeking al hoe meer na ons eie mense toe kom om geweld as opsie te oorweeg, kan Jesus se leer die verskil tussen sukses en mislukking bepaal.

Daar is mense wat redeneer dat ’n 'oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand,' nog altyd die beste resep is om geregtigheid te weeg te bring. Hulle s, soos die ANC se bekende argument in die tyd van die struggle, dat geweldlose optrede alleen daar kan werk waar jou vyand oor ’n gewete beskik. Jesus het sekerlik nie bedoel om die rel van ’n oog vir ’n oog heeltemal af te skaf nie, maar vir hom behoort dit tot die denke van die wreld wat nooit werklike vrede kan bring nie. Daarom roep hy sy volgelinge op tot ’n hor vorm van geregtigheid, ’n oorvloedige geregtigheid wat die normale eise van die wet oorskry, ’n geregtigheid wat insny in die vyand se gewete en hom tot selfinsig en transformasie lei.

Vandag vier ons die heilige Nagmaal. Ons is al so gewoond aan die idee dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het, dat dit dreig om sy betekenis te verloor. Kom ons dink vanoggend op ’n nuwe manier hieroor. Deur sy hele lewe, maar veral aan die kruis het Jesus die geheel en al onverwagse gedoen. Daar het hy—figuurlik gesproke—die ander wang gedraai toe niemand dit kon voorsien nie. Daar het hy die bo- n die onderkleed gegee, en die las van ander ’n tweede myl gedra. Die eerste persoon in wie se gewete hy ingesny het en wat hy ontwapen het, was ’n Romeinse offisier wat toesig oor die gruwel gehou het, en wat na alles verby was moes s: Waarlik, hierdie man is die Seun van God.

So word die kruisgebeure, en ook die Nagmaal, vir ons ’n voorbereiding om bo die veg-of-vlug-sindroom uit te styg; om nie domastrant na wapens te gryp nie, maar ook om nie vloerlappe te wees nie, maar ’n oefening om die gevaarlikste en doetreffendste wapen van alles te gebruik: die mag van die Gees.

Dit wat al die maghebbers met hulle eretitels en dodelike wapens nie kan regkry nie sal julle, geliefdes, regkry, as julle kan leer om met die wapens van Jesus veg!!!

Amen.



Kliek hierbo vir terugvoer of om e-pos adresse deur te gee

Bladsy geskep op 14 Feb 2000 deur Bobby Loubser