Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!
 Soek SA
  
 

Altavista

Infoseek

SA Godsdiens-akademie

NT Werkgemeenskap van SA

NT Bronne

Neotestamentica

Society of Biblical Literature

Tuisblad van Bobby Loubser

PastorsNet

Besoekers:

Click Here for God's Counter

Welkom! Vandag is
Teken asb. Besoekersboek Bekyk Besoekersboek

Erediens-werkwinkel | Mtunzini-wyksgemeente | Gedagte vir die Dag

Verify Form

Stuur jou naam vir 'n preek af en toe:


SERMOEN

Als wat skitter is nie goud nie, of: ’n Jakkals prys sy eie stert

Uit die briefwisseling tussen die apostel Paulus en die gemeente in Korinte kry ons ’n prentjie van die lewe van die vroeŽ kerk. Ons leer uit hulle foute en word geÔnspireer deur hulle suksesse. In 2 Kor 1 is daar inligting oor die krisis wat Paulus se veranderde reisplan veroorsaak het. Ons verneem van ander predikers in Korinte wat om verskeie redes agterdog teen hom gesaai het. Aan die begin van hoofstuk 3 verneem ons die soort argumente wat hulle teen Paulus gebruik het. Een van die dinge wat hulle sou gesÍ het, was dat hy sonder aanbevelingsbriewe of getuigskrifte by hulle opgedaag het.

In daardie tye, sonder telefone of faksmasjiene, was dit die gebruik dat reisende gesante vanuit Judea na die Joodse gemeenskappe in die stede rondom die Middellandse See gestuur is. Dit was om in die sinagoges te leer en om geld in te samel vir die armes in Judea, waar daar permanent gebrek was. In 2 Kor 3:1 vind ons ’n uitbreiding van hierdie gebruik. Die Joodse Christene wat in Korinte opgedaag het, het dit teen Paulus gehou dat hy sonder sulke briewe opgedaag het.

Paulus antwoord soos volg:

2 Kor 3:1-6 (NAV) Begin ons weer onsself aanprys? Of het ons miskien, soos party ander mense, aanbevelingsbriewe aan julle of van julle nodig? 2 Julle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan. 3 Dit is tog duidelik dat julle 'n brief van Christus is, deur ons diens geskrywe, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op klip nie maar op die harte van mense. 4 Ons sÍ dit omdat ons deur Christus ten volle op God vertrou. 5 Uit onsself is ons nie in staat om iets te bedink asof dit uit onsself kom nie. Ons bekwaamheid kom van God, 6 wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.

I.

Hierdie gedeelte is propvol juwele wat predikers al een vir een uitgehaal, afgestof en vir gemeentes voorgehou het, maar die belangrikste sin wat hier opval, is: "Ons bekwaamheid kom van God af, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van ’n nuwe verbond te wees (vs 5)."

Dit gaan om bekwaamheid; dis om dinge te kan doen, bevoeg te wees, in staat te wees tot iets.

Dis nogal ’n interessante gedagte wat ons maar selde in die NT teenkom. Johannes die Doper het gesÍ hy is nie bekwaam om die Lam van God se sandaalveters op te bind nie. Paulus het elders gesÍ: Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. Verder: ouderlinge moet bekwaam wees om te leer.

Wat is dan hierdie bekwaamheid wat van God af kom? Ken ons hierdie bekwaamheid? Is ons bekwame Christene? Miskien is dit die geheim waarna baie van ons, wat kerke besoek en Bybels bestudeer, op soek is. Terwyl ons hierdie stukkie oordink, kan ons ’n stille gebed bid: Here, maar my werklik bekwaam!

II.

Paulus se teenstanders het geredeneer dat Paulus onbekwaam is. Slegs hulle wat met die regte aanbevelingsbriewe—in mooi swart letters op papirusrolle geskryf en met ’n behoorlike seŽl om die egtheid daarvan te wys—in die gemeentes kom, hulle is bekwaam. Hulle het die reg en die gesag om die woord te verkondig. Dit word nie vir ons gesÍ waar hulle hierdie briewe gekry het nie, maar vermoedelik het hulle dit van vorige gemeentes saamgebring.

 

Hierdie praktyk behoort nie vir ons so vreemd te wees nie. Ons leef vandag in ’n wÍreld wat nogal baie maak van wat op papier geskryf is. Sonder getuigskrifte en sertifikate kom ’n mens ook vandag nie ver nie. Sinodes en kerkrade werk met baie papier. Paartjies wat wil trou en doopouers moes al agterkom hoe die gebrek aan die regte sertifikate hul proses vertraag. Dinge moet korrek gedoen word, ordelik, en dit vereis dat dinge behoorlik in swart en wit geregistreer word.

Paulus kom met ’n argument wat ons sal verras: Hy het nie aanbevelingsbriewe aan of van die gemeente nodig nie. Papiere beteken niks.

Dan gaan hy ’n treetjie terug op wat hy sÍ, want hy meen hy het tog wel ’n aanbevelingsbrief. Dit is die gemeente self.

Maar let net op hoe snaaks stel hy dit, anders as wat ons vandag dit sou doen. Hy sÍ nie dat mense wat die gemeente sien, sou weet hulle is die vrug op Paulus se evangelisasiewerk nie, en dus sy aanbeveling is nie. Hy keer die gedagte agterstevoorom en sÍ: Julle is my brief, want julle is op my hart geskryf. Dit beteken dat almal wat vir Paulus sien en ken en hoor hoe hy praat, onmiddellik sal weet met watter gesag en aanbeveling hy na die gemeente toe kom. Ons kan meer duidelikheid kry deur te vra: Nou, as ander mense met Paulus gepraat het, wat sou hulle omtrent die KorintiŽrs verneem? En die antwoord hierop is nie moeilik nie: Hulle sou nie net gehoor het van hoe hy deur baie ontberings heen die gemeente in Korinte gestig het nie, maar veral hoe hulle in sy hart leef, hoe lief hy hulle het en hulle op elke moontlik manier op die hart dra.

Kortom: Paulus sÍ dit is sy liefde vir die gemeente wat sy aanbevelingbrief na hulle toe is. Niks meer en niks minder nie. Al staan dit nie daar in soveel woorde nie, dit is waaroor dit gaan. In die apostel se hart is daar liefde vir die KorintiŽrs, en dit is sy aanbeveling na hulle toe.

III.

Maar Paulus sÍ tog iets meer oor daardie liefde. Kom ons kyk kortliks daarna:

  1. Dit kom van Jesus Christus. Hy is die Skrywer van hierdie brief (vs 3). Liefde is die grootste geskenk wat Jesus aan die wÍreld gegee het. Dit is die spesifiek Christelike bydrae tot die lewe van mense op hierdie planeet. Vandag nog oefen die liefdesbegrip van die Christendom ’n diepgaande invloed oor die hele wÍreld uit. Paulus het geweet hoe ingrypend hierdie begrip is. Dis van hom dat ons die onvergelyklike himne op die liefde in 1 KorintiŽrs 13 het (al sou ek die tale van mense en engele praat, maar het nie die liefde nie…). Oor Jesus se hele lewe en bediening staan daar een woord groot geskryf: Liefde, waarvan hy die outeur en kopiereghouer is.
  2. Dit is werksaam deur die Heilige Gees (vss 3, 6). Hierdie liefde was nie net die herinnering aan ’n historiese voorbeeld van Jesus nie; Paulus het die ervaring gehad dat die Opgestane Gekruisigde, wat oorwin het op die weg van die liefde, elke tree van die pad saam met hom was. Jesus was ’n lewende, amper tasbare teenwoordigheid in die lewe van die vroeŽ kerk, en hulle het hierdie lewende teenwoordigheid ’n Naam gegee: Dit was die Heilige Gees, die Gees van die Skeppergod self wat in hulle werk.
  3. Dit werk kragtens die Nuwe Verbond (vs 6). Hierdie liefde wat Jesus deur die Gees in die harte van mense uitgestort het, was nie maar iets wat terloops gebeur het nie. Dit was deel van ’n goddelike plan om die hele wÍreld te red. Dit was die inwerkingstelling van God se nuwe verbond met sy ganse skepping. Soos wat God se verbond met Noag uitgeloop het in die verbonde met Abraham en Moses, so het dit sy finale en uiteindelike vervulling in die verbond gevind wat God deur Jesus met die Skepping gesluit het. En hierdie verbond., sÍ Paulus, is nie soos die verbond van God met Moses wat op klippe geskryf is nie. Dit word op mense se harte geskryf. Dit wat op klippe of papier geskryf is, kan maar oppervlakkig wees. Dit kan pro forma, met die lippe, nagekom word. God se verbond in Jesus wat deur die Gees in aksie kom, werk in mense se harte.

 

Met hierdie verduideliking speel hy klaar met die valse apostels wat met aanbevelingsbriewe opdaag. Hulle dink omdat hulle stukkies papier het, hulle op sekere regte aansprake kan maak. Voor God is daar net een soort bevoegdheid wat tel: dit wat in mense se harte geskryf staan. Opregte liefde. Die letter maak dood, sÍ hy; dis die Gees wat lewe skep. En elke gelowige wat die krag van die Gees in sy of haar lewe ervaar het, sal weet dat dit die waarheid is. Dat dit die finale argument is wat alle ander argumente stilmaak.

IV.

Waar laat dit ons vandag hier aan die begin van die jaar 2000? Wat Paulus ons leer, is die etiek van die Heilige Gees. Ons moet leer om ware gesag te herken. ’n Mens moet leer om jouself nie aan te beveel nie. Laat God dit doen. Sy Gees werk deur die liefde in menseharte. Bekwaamheid is van God.

Die punt van 2 Kor 3 is dus nie dat mense op hulle groot verantwoordelikheid gewys word om "briewe" te wees nie, so asof alles van hulle voorbeeld sou afhang nie. Dis nie eens dat die gemeente op hulle wonderlike status gewys word as lewende "briewe" nie. Hierdie soort moralistiese prediking verhef dit omtrent tot die crux van hierdie gedeelte, en ’n mens moet bewus daarby verbylees om by die evangelie uit te kom: Daar is ’n bekwaamheid wat van God af kom. Een wat mense, Halleluja!, kan laat sÍ.

Ons moet dus nie vaskyk in die brief-metafoor wat gebruik word om die liefde van die apostel vir die KorintiŽrs tuis te bring nie. Daar is ’n groter verband ter sprake. Die apostel ontmasker sy teenstanders se magsideologie. Hulle is deel van ’n stelsel wat Christus met die lippe bely, maar nie die diepgang van sy boodskap uitleef nie. Laasgenoemde is immers diegene met die charismatiese tekens en apokaliptiese gesigte. Dis hulle wat glo dat die Joodse Messias ’n Joodse empire gaan oprig waarin die Jode oor die wÍreld regeer. Vir hulle is Jesus ’n alibi vir hul eie magspolitiek.

Van Paulus leer ons vandag dat mense wat ’n mooi vertoning maak en so gesteld is op die letter van die wet (op mooi briefhoofde en logo’s, mooi blaaie op die web)—hulle is mense wat gewoonlik ’n verborge agenda het, net soos die valse apostels wat so teen hom gediskrimineer het. Soos die spreekwoord tereg sÍ: ’n Jakkals prys sy eie stert.

***

Sinodes en kerkrade werk met baie papier. Daar is allerlei registers en sertifikate. Maar, moet ons vra, kweek dit nie net papierchristene nie? En is dit nie ’n swak voorbeeld wat aan die wÍreld gestel word nie? Dit raak nie net die kerk nie, maar die hele samelewing. ’n Mens sou dink dit moet anders wees in die kerk, maar kom ons wees baie krities wees en vra: Is die kerk nie een van die grootste sondebokke nie? Is dit nie die kerk wat die samelewing die idee gee dat papiere belangriker is as diepte en egtheid nie?

Dis moontlik om ten spyte van alle letterlike korrektheid die kern van die saak te mis. In ons samelewing het ons ’n bra oppervlakkige manier om bekwaamheid te erken. Ons dink as iemand die papiere het, kan hulle ’n job doen. Veral in hierdie land gee mense somtyds weinig om vir kwaliteit, solank die papiere sÍ jy het ’n kwalifikasie, is jy reg. En nou is daar nog ’n nuwe oppervlakkigheid: as jy die regte velkleur of geslag as alibi kan inroep, dan verdien jy mos voorkeurbehandeling. Daar is mense wat die Nuwe Konstitusie voor ons oŽ swaai, en lippediens bewys, maar in hulle harte is hulle nog net sulke konkelaars soos van ouds. Daar is mense wat bevordering soek, soos die valse apostels, sonder ’n werklike mandaat. Nee, in beide kerk en samelewing is God die een van wie ons bekwaamheid moet kom.

Nie almal wat hulself aanmeld is noodwendig reg nie! Dus, kom ons hou die kern van ’n saak in fokus. Kom ons onderskei die liefde waarop dit werklik aankom. Kom ons ontwikkel ons geestelike onderskeidingsvermoŽ. Dan sal ons bekwaam wees.

Gebed: Here maak ons as leraars, ouderlinge, diakens, gemeentelede in elke bediening, deur U Gees werklik bekwaam om in liefde ons werk van harte te doen. Amen.

————

[Kommentaar na die preek: Beteken dit dat kwalifikasies deur gebed verwerf kan word?

Verdere kommentaar
Ek ... weet nie mooi hoe ek oor getuigskrifte voel nie. Aan die een kant kan dit 'n baie skewe beeld van die mens gee, maar aan die anderkant as dit eerlike papiere is, gee dit tog weer wat 'n mens kan verwag.
Vandag in die alledaagse lewe word 'n mens daagliks bedreig. Die mens, met sy verwonge waardes, skroom nie om tot uiterstes te gaan om sy doel te bereik nie. Ons kan nie meer glo wat ons sien nie. Miskien is dit beter om eers 'n opinie te vorm as ons die mens se werk en gedrag kan waarneem. Ek wil dus met Paulus saamstem.
Louise Harmsma

nuut 'n Jakkals prys sy eie stert 2 Kor 3:1-6 27/2/2000
  Ligsinnig, maar volgens wie se maatstaf? 2 Kor 1:12-24 13/02/20000
  Jesus se derde opsie Mt 5:39-48 11/10/1989
  Die redding van ons siele Op 3:14-22 08/11/1989
  Wees fluks! Spr 6:6-19 Gen1:26-28. 29/7/1999
  Geloof Gen 11:31-, Hebr 10:23- 13/09/199
  Waar die lydensgeskiedenis begin Gen 3 20/02/199
  Maak 'n knoop in jou das 1 Joh 2:24-29 02/05/1999
  Nuwe mense vir 'n nuwe wÍreld Klaagl 5, Op 3:1-3 04/07/1999
  Loon: toekoms-kapitaal 1 Kor 9 26/09/1999
Jezus in het Midden, preek in Nederlands deur Ds J. H. Neethling Joh 19:18 voor 1904



Soek: Gee sleutelwoorde...

Amazon.com logo


Bladsy geskep op 16 Feb 2000 deur Bobby Loubser