Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!
 Soek SA
  
 

Altavista

Infoseek

SA Godsdiens-akademie

NT Werkgemeenskap van SA

NT Bronne

Neotestamentica

Society of Biblical Literature

Tuisblad van Bobby Loubser

Argief | Erediens-werkswinkel | Mtunzini-kerk


Woordbediening deur Bobby Loubser op Sondae 13 Februarie, Mtunzini en 20 Februarie 2000, Empangeni

LIGSINNIG, MAAR VOLGENS WIE SE MAATSTAF?

2 Kor 1:12-24

Wat sal jy sÍ as jy een oggend in die kerk sit en die prediker daag nie vir die diens op nie? Gestel almal het hulle op ’n erediens voorberei en is gereed om hom te hoor, maar die prediker is skoonveld. Jy sal waarskynlik dink hy is onbetroubaar en behoort nie langer ’n prediker te wees nie.

Stiptelikheid is iets wat mense van predikers verwag, al word dit nie altyd waardeer nie. Toe ek destyds in Brakpan was, het die pastoor van die AGS ’n interessante staaltjie vertel. Sy ouderlinge bel hom een oggend voor kerk en sÍ hy moet sorg dat hy ’n kwartier laat kom. Toe kerktyd aanbreek en die prediker nie opdaag nie, gaan een van die ouderlinge voor die gemeente staan en sÍ, "Dis darem snaaks dat die pastoor nie hier is nie, hy was nog altyd betyds." Hulle moet maar sing tot hy opdaag. Na elke gesang maak die ouderling verdere opmerkings oor hoe sonderling dit is dat die pastoor nie kom nie. Hy is tog nie siek nie? Dalk is hy moeg om te preek en het besluit om vanoggend in die bed te bly. "Is hier enigiemand wat kan kla dat pastoor Heyns ooit in die verlede laat was?" vra die ouderling. Geen hande. Hy gaan voort, "Baie Sondae toe julle in die bed gebly of gaan visvang het, was hy hier, hoe moeilik ook al."

Na 15 minute hoor hulle die pastoor se motor buite stop. Almal is verlig. Toe praat ’n ander ouderling met die gemeente: "Die pastoor is nie laat nie. Ons het hom gesÍ om nou eers te kom, want hy is vandag 5 jaar by ons." "Nou, "sÍ die ouderling, "hy was elke Sondag op sy pos en ons het besluit om hom dankie te sÍ met ’n geskenk. Ons gaan hom Amerika toe stuur om te leer om nog beter preke te maak." ’n Sug van verbasing trek deur die gemeente. Waar gaan die geld vandaan kom? "Wel," sÍ die ouderling, "ons gaan nou ’n kollekte hou vir R5000. Hier is 500 mense in die kerk, en as elkeen R10 gee, sal dit genoeg wees." Tien minute later het hulle die volle bedrag oorhandig.

Soos hierdie ware verhaal illustreer, word stiptelikheid van predikers waardeer. Ek wonder wat ons vanoggend sou gedoen het, as die prediker soos Paulus sy planne op die laaste oomblik verander het en die gemeente laat wag het!

Paulus het die gemeente in Korinte, die finansiŽle hoofstad van Achaje (Griekeland) gestig. Op sy derde sendingreis sou hy tweemaal daar aangedoen het, maar op die laaste oomblik verander hy van plan. Natuurlik was die gemeente teleurgesteld. En daar was diegene wat die ergste vermoed het. Die apostel wat hulle die eerste maal omtrent die Gees kom leer het, het teruggeval in die vlees, ’n aardse manier van dink. Hy het onbetroubaar geword. In ons idioom sou hulle kon sÍ: Paulus is ’n regte ou dominee-mooipraat. Hy smous met vroom gedagtes wat nog kant of wal raak. Hy groet jou innig en sÍ: "Sterkte" met soveel empatie. Maar kan ’n mens die man vertrou?

Paulus se veranderde reisplanne het nie net die gemeente teleurgestel nie, maar ook sy karakter en bediening by die KorintiŽrs onder verdenking geplaas. Dit was presies wat die sogenaamde "valse apostels" — charismate met ’n bediening van tekens en wonders, met magtige preke oor hemelse visioene en verstommende suksesverhale — hulle wou wysmaak. Paulus is ’n swakkeling. Hulle verdien ’n geesvervulde leier.

Wat het hy vir homself te sÍ?

Wat ons in 2 KorintiŽrs 1 het, is Paulus se verduideliking oor sy veranderde reisplanne. Kom ons lees verse 12-24 soos in die1953-vertaling:

12 Want ons roem is dit: die getuienis van ons gewete dat ons in eenvoudigheid en reinheid van God, nie in vleeslike wysheid nie, maar in die genade van God in die wÍreld verkeer het, en veral by julle.13 Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan,14 soos julle ook gedeeltelik van ons verstaan het dat ons julle roem is, net soos julle ook ons roem is in die dag van die Here Jesus.15 En in hierdie vertroue wou ek vroeŽr na julle kom, dat julle 'n tweede genade kan ontvang,16 en by julle langs deurgaan na MacedůniŽ, om weer van MacedůniŽ af by julle te kom en deur julle voortgehelp te word na Judťa.17 Het ek dan miskien ligsinnig gehandel toe ek my dit voorgeneem het? Of wat ek my voorneem, neem ek my dit voor na die vlees sodat by my tegelyk is: ja ja, en nee nee?18 So waar as God getrou is--ons woord tot julle was nie ja en nee nie!19 Want die Seun van God, Jesus Christus, wat deur ons onder julle verkondig is, deur my en SilvŠnus en TimůtheŁs, was nie ja en nee nie, maar was ja in Hom.20 Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.21 Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God,22 wat ons ook verseŽl het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het.23 Maar ek roep God as getuie aan oor my siel dat ek om julle te spaar nog nie na Korinthe gekom het nie--24 nie dat ons heers oor julle geloof nie, maar ons is medewerkers aan julle blydskap; want in die geloof staan julle vas.

Kom ons kyk kortliks na die apostel se antwoord: In vers 12 ontken hy botweg die aanklag van die gemeente dat hy met vleeslike wysheid opgetree het. Nee, hy het in eenvoud en reinheid volgens die genade van God gehandel. In die volgende verse sÍ hy hulle sal sy optrede verstaan as hy dit verduidelik, alhoewel daar dinge is wat hulle nog nie verstaan nie. Dan verwoord hy in vers 17 die aanklag van die gemeente: "Was ek miskien ligsinnig? Het ek tegelyk ja en nee gesÍ?" [Ons kan aanvaar dat almal bewus was van Jesus se leer dat ’n mens se ja ja en jou nee nee moet wees.]. Dis wat Paulus ten sterkste ontken. Hier is sy redes. Sy argument verloop in drie stappe:

  • God is betroubaar en so ook is Jesus wat deur die apostels verkondig word.
  • Christus is "ja in Hom" — d.w.s. Hy is God se "ja" vir die wÍreld. In hom is ALLE beloftes van God "ja" en "amen".
  • God se vervulling van alle beloftes in Christus word bevestig deur vervulling van die SENTRALE belofte wat alle vorige beloftes saamvat, nl. die gawe van die Heilige Gees wat voelbaar en sigbaar teenwoordig is in die lewe van die gelowiges. Hulle is met die Gees gesalf, deur die Gees verseŽl. Hulle het die Gees as onderpand in hulle harte.

Maar nou weet ons nog nie die werklike aanleiding is waarom die apostel sy reisplanne so onverwags en dramaties gaan verander het nie. Die antwoord kom in verse 23-24: As hy na Korinte gegaan het, sou dit wees om hulle te straf. En dit sou die onaangenaamheid vererger het.

Ons kan die punt wat gemaak word, met ’n bietjie verbeelding uitbrei. Paulus sou vir hulle kon sÍ: "Die Gees het vir my gesÍ, ‘Nee, Paulus. Moenie gaan nie. Moenie oor hulle geloof gaan baas speel nie. Daar is probleme. Hulle het mense in hulle midde wat aanhou sonde doen en hulle doen niks nie. Die gemeente is ligsinnig oor die sonde (2 Kor 2:5), maar gee hulle kans om self reg te maak. Dis nie vir jou om tussenbeide te tree nie. So sal hulle nie groei nie. Hulle moet leer om op hulle eie voete te staan, om self onder leiding van die Gees op te tree. Jy, Paulus, het al genoeg trane gestort, dis nie nodig om daarmee aan te hou nie.’"

Paulus se verweer voor die gemeente is dus: "Volgens die vlees mag ek onbetroubaar voorkom, maar volgens die Gees van God, wat self betroubaar is, het ek betroubaar opgetree."

Sou ons so ’n verskoning aanvaar het as die leraar een oggend nie vir ’n erediens opdaag nie?

Kan u sien waarom dit hier gaan? Dit gaan om die vraag oor wie betroubaar is in hierdie wÍreld. Is die betroubares diegene wat stiptelik alles volgens die kalender en horlosie doen, per afspraak? Of is dit diegene wat na die leiding van die Gees luister? Diegene wat die weg van die liefde, die weg van die dienskneg bewandel?

(BygesÍ, profete is kreatiewe mense. Hulle is nie die slawe van kalenders en horlosies nie. Dis nie dat hulle onverantwoordelik is nie. Nee, hulle werk net met ’n groter en belangriker program. God s’n.)

Volgens wie se program werk jy?

Ons leef in ’n wÍreld van gebroke verhoudings, en gebroke kontrakte. Dis een van die dinge wat ons lewenskwaliteit verwoes. Ons hoef hier nie eens te dink aan kontrakte soos die tussen Piet Retief en Dingane nie. Of aan die ooreenkomste wat die onderhandelaars van Nuwe Konstitusie nie kon hou nie. As mense hulself kan bevoordeel, sal hulle dit doen. Om kontrakte te hou, verg gewoonlik ’n stuk selfopoffering. Dis hoekom kontrakte gesluit word, om mense oor die moeilike tye te help waarin hulle dit andersins sou opgesÍ het. Verliefde paartjies woon saam, maar op ’n stadium raak dit nodig om te trou. Hulle wil iets meer hÍ.

Ek wonder of julle weet waar die plek in die wÍreld is waar daar die heel meeste gelieg word? Die kolletjie reg voor die kansel waar elke gelowige ten minste driemaal verskyn om "ja" te sÍ. En hoe dikwels verander daardie "ja" nie in ’n "nee" nie?

Dit bring ons by die vraag: Waar vind ek sekerheid, ’n vaste grond in hierdie trouelose wÍreld waar ek nie eens op my eie beloftes kan vertrou nie?

Antwoord: Dit lÍ buite myself. Dit lÍ in die troue God wat sy trou in Jesus Christus bewys het. Sy ja was sy ja en sy nee nee. Elke woord wat Jesus gesÍ het, het hy met sy bloed onderstreep. Van krip tot kruis en van kruis na kroon is Jesus die Seun van die betroubare Vader. In Hom is alle belofes [verbonde] ja en amen, met ’n "amen" wat meer bindend is as enige geskrewe kontrak ooit kan wees. Jesus as die hemelse Bruidegom het die Jawoord gegee vir sy Bruid, die kerk.

As God nie al sy beloftes in Jesus vervul het nie, het ons natuurlik nog rede om aan sy trou te twyfel. Ek het al wysneuse hoor sÍ daar is 327 beloftes in Bybel, waarvan nog 71 vervul moet word. Kan dit so wees? Nee! Volstrek nie! Paulus se argument is dat elke belofte, hoeveel daar mag wees, vervul is — almal saamgebondel kan word in een: Jesus wat deur die Gees met krag in ons lewe. Dit is die seŽl op God se beloftes, nes die lakseŽl op ’n papirusrol. Die Gees is Jesus se lobola aan ons sy Bruid. Ons is begunstigde getuies van hoe elke belofte besig is om met toenemende heerlikheid in vervulling te gaan.

Gemeente, is ons betroubare mense? Verstaan ons opregtheid, liefde en trou? Is ons ja ja en ons nee nee? Van die episode van Paulus en die KorintiŽrs leer ons dat ’n betroubare mens nie noodwendig iemand is wat stiptelik is nie. Dis eerder iemand wie se fokus op God, die Betroubare en Getroue, is. Dit blyk uit die manier waarop ons as mense ons dagprogram inrig. Die planne wat ons maak. Die kruispaaie waaroor ons beweeg. Elke beslissing is belangrik in die uiteindelike bereiking van ons bestemming, van God se bestemming met hierdie trouelose wÍreld.

Ken ek Jesus se lobola? Weet ek van die Gees in my lewe? Dis ’n moeilike vraag om aan moderne gelowiges te stel, maar elkeen van ons moet op die een of ander manier uitvind hoe die Heilige Gees in ons lewens werk. Ons moet die glorie van sy werk in ons lewens kan speur. Nie noodwendig deur charismatiese verskynsels nie, maar wanneer ons Christus leef en Christus praat en Christus dink is dit die werk van die Gees. Kinders van God word deur die liefdevolle tug van die Vader gevorm. Hulle word in lewe en karakter al meer soos hulle Vader, en word deur die Gees geregeer. Hulle deel in dieselfde kalmte en rustige vertroue wat kinders in hul ouers het.

Kom wees soos God en sÍ "ja" vir die lewe, soos wat Hy ’n groot "JA" sÍ vir sy skepping.

GEBED: Here, maak ons getrou en betroubaar soos U.




Bladsy geskep op 13 Feb 2000 deur Bobby Loubser